Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum
2025-06-18Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!
Persverklaring om in te skryf: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2025
2025-06-18Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2025.
Persverklaring: RSG Radioteater, Die laaste ontsnapping op Donderdagaand 19 Junie om 20:00
2025-06-17Die meeste mense is geïnteresseerd in die tronk. Die skrywers van Die laaste ontsnapping, Stefaans Coetzee en Annerle Barnard, wil luisteraars ’n blik in daardie onbekende wêreld gee.
Persverklaring: Momentum Aardklop stel sy program vir 2025 bekend
2025-06-13Momentum Aardklop se program vir 2025 is pas bekendgestel! Die fees vind vanjaar van 7 tot 12 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Daar is komedie, drama, tragikomedie, musiek in bykans elke denkbare genre van klassiek tot voetestamp, en vermaak vir die jonger geslag. Daar is gesprekke, laatnagkuiers, kos te kus en te keur, tienertoneel, rondleidings en boeke vir Afrika. Daar is legendariese name, en nuwe name waarvan kennis geneem moet word. Daar word teruggekyk en vereer, en vorentoe gekyk en geïnnoveer.
Pasverskyn: Merang, saamgestel deur Neil Cochrane en Alwyn Roux
2025-06-12Merang is voorwaar ’n uitsonderlike viering van die Afrikaanse poësie in haar velerlei gedaantes. Dit is selde dat ’n versameling so verteenwoordigend is van verskillende style, poëtiese tegnieke en tematiese wêrelde soos die liefde, verlies, nostalgie, die natuurlike omgewing, plant- en dierspesies, sosiopolitieke kwessies, kunstenaarskap en tegnologie. Nou nooi ons elke lojale en potensiële poësieleser ook uit om deel te wees van dié besonderse fees van digters en gedigte.
Press release: La ronde at the Baxter from June 20 to 12 July
2025-06-11Nothing is quite as it seems in Arthur Schnitzler’s provocative play La ronde, directed by Leila Henriques, as it heats up the Baxter Studio stage this winter from 20 June to 12 July 2025. Far more than an erotic carousel, the play exposes the transactional nature of modern relationships, where the lines between agency, desire and self-worth are constantly blurred.
Persverklaring: RSG Radioteater, Broodlyn op Donderdagaand 12 Junie om 20:00
2025-06-11As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê, maar regverdig die doel altyd die middele?
Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum
2025-06-11Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!
Persverklaring: Deon Maas se kunsuitstalling Ou koeie open op 14 Junie 2025 by die Breytenbach Galery
2025-06-11Met sy uitstalling Ou koeie gebruik filmmaker, joernalis en skrywer Deon Maas oorspronklike koerantfoto’s, spuitverf en fotostate om kommentaar op die Suid-Afrika van die 1970’s en 1980’s te lewer, en herroep hy momente en mense uit dié stormagtige jare. Dit open op 14 Junie 2025 om 13:00 by die Breytenbach Galery in Wellington, met akteur Gerard Rudolf as openingspreker.
Persverklaring: Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel
2025-06-10Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Vanjaar se kompetisie het 329 inskrywings gelok. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling by vanjaar se Stellenbosch Woordfees aangekondig word.
Persverklaring: Kaapstadse Filharmoniese Orkes tree in Robertson op ten bate van Eseltjiesrus
2025-06-09Op Sondag 14 September sal die bekende Kaapstadse Filharmoniese Orkes weer die verhoog betree by die Oos-Kerk in Van Zylstraat in Robertson. Hierdie geliefde orkes, wat uit 55 talentvolle professionele musikante bestaan, sal almal vermaak met ’n boeiende verskeidenheid gewilde klassieke stukke.
Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak – boek tot skerm: ’n bespreking, 11 Junie, Oude Leeskamer
2025-06-09Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring. Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring, draaiboekskrywer, Bibi Slippers en skrywer, Annie Klopper.
Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo
2025-06-09Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!
Uitnodiging: FilosofieKafee – "Verkiesings en vergissings"
2025-06-09Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Saterdag 14 Junie in Pretoria. Johann Kriegler en Johann Scholtz sal in gesprek wees.
