Persverklaring: RSG Radioteater se argief – My Japan, Donderdagaand 22 Mei om 20:00
2025-05-20Angelique Naudé, ’n Engels-onderwyser in Japan, het die 2011-tsoenami eerstehands meegemaak en haar ervarings met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit in ’n bekroonde radiodrama verwerk; Leon van Nierop het die regie behartig; en Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen het die hoofrolle vertolk. Luister saam op Donderdagaand 22 Mei om 20:00 op RSG.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klaarte deur Louis Esterhuizen – Oude Leeskamer, 21 Mei 2025
2025-05-20Jy word uitgenooi na die boekbekendstelling van Louis Esterhuizen se twaalfde digbundel, Klaarte. Sluit aan by Danie Marais in Jannie se Leeskamer, op 21 Mei om 10:30, wanneer Marais die lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone en die soeke na skoonheid in gebrokenheid en die betekenis in tekortkominge ondersoek.
Pasverskyn: Lees en kyk met begrip: Graad 7 AFR HT deur Aletha de Klerk
2025-05-20Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Binnerym van bloed deur Antjie Krog by NALN, 28 Mei 2025
2025-05-20Kom kuier saam! Penguin Random House SA nooi jou uit na die boekbekendstelling van Antjie Krog se outobiografiese roman, Binnerym van bloed, by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein op 28 Mei 2025. Henning Pieterse sal die gespreksleier wees.
Persverklaring: Première van Prinsloo se hemelvaartsoratorium ’n geskiedkundige gebeurtenis
2025-05-20Die gevierde komponis-dirigent Franco Prinsloo en sy bekroonde kamerkoor, die Vox Chamber Choir, maak binnekort musiekgeskiedenis met die première van sy hemelvaartsoratorium, Kroon van wonders. Die première vind plaas op 29 Mei 2025 en die opvolgkonsert op 1 Junie 2025.
Press release: Announcing the winners of the Island Prize 2025
2025-05-19The 2025 Island Prize, the fourth year it has been running, has once more attracted nearly 200 entries from across the continent, and the range of subjects, styles, and genres has been greater than ever before. Now, rather than one winner, we have had to name two: Night dancer by Zabu Wamara of Uganda, and In the valley of bones by Kristien Potgieter of South Africa.
Persverklaring: Marianne Thamm dryf spot met politiek by Hermanus Fynarts, 6–16 Junie
2025-05-19As jy ook vuisvoos is van ons land se politiek durf jy nie Marianne Thamm se komiese eenvrou-vertoning Round of applause reloaded by die Hermanus FynArts Festival misloop nie. Kom lag Junie maand lekker saam met ons vir ons land se absurditeite, en gaan huis toe met nuwe insig en hoop. Want, soos Thamm sê, sy het meer hoop vir Suid-Afrika as vir enige ander land.
Persverklaring: Kanna-wenners van KKNK 2025 aangekondig
2025-05-19Vanjaar se Kanna-wenners van die KKNK, geborg deur Absa, is op Donderdag 15 Mei aangekondig.
Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo
2025-05-16LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.
Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025
2025-05-16Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy.
Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
2025-05-16’n Poësieprys wat hulde bring aan een van Afrikaans se literêre ikone, Breyten Breytenbach, word voortaan jaarliks toegeken. Die nuwe Breyten Breytenbach-prys vir Afrikaanse digkuns beloop R200 000 – sonderlinge aansporing in ’n genre wat relatief min erkenning kry in die vorm van literêre pryse. Die prys maak deel uit van die jaarlikse kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir Afrikaanse digbundels wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.
Press release: Echoes of heritage at the Hermanus FynArts Festival 2025 – 6 to 16 June
2025-05-15The Hermanus FynArts Festival is a fusion of arts festival and winter school. "Heritage" is this year’s theme, weaving together a full programme of music, theatre, ballet, workshops, culinary demonstrations, food, wine, exhibitions and discussions. From jazz and Ghoema rhythms to stand-up comedy and storytelling, celebrate the richness and complexity of South African history, art, cultural identity and transformation.
Nuut by Lapa: Kwaailappies: Stories oor Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort
2025-05-15Hierdie boek sal vir kinders ’n omvattende, maar maklik leesbare geskiedenis van Afrikaans se taalontwikkeling gee. Die taal se lang geskiedenis – wat reeds lank voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin – word sorgvuldig nagevolg en met deeglike navorsing ondersteun. Die boek is verdeel in ses hoofstukke wat elk deur middel van ’n storie vertel word. Hierdie geskiedenis sal vir kinders lewe!
Pasverskyn: Jakkals en Wolf 2: Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels deur Wendy Maartens
2025-05-15Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlê, maar bly steeds die beste maats.
