Persverklaring: Wenners van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend
2025-04-30Die wenners van die onderskeie pryse en toekennings van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds is nou bekend.
Uitnodiging na die bekendstelling van Wilma Stockenström: met my wysvingertop
2025-04-29Die SA Akademie en SASNEV nooi u vriendelik na die bekendstelling in Kaapstad van Ronel Foster (redakteur) se boek Wilma Stockenström: met my wysvingertop. Dit is die sewentiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.
Persverklaring: RSG Radioteater se Konneksie op Donderdagaand 1 Mei om 20:00
2025-04-29Marion Erskine se Konneksie is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo, tweede kwartaal
2025-04-29Is jy in graad 5 en hou jy hierdie week "skoolvakansie"? As jy lus voel om appeltert te bak, kan jy dit doen – en jy kan dit as beloning eet as jy sommer hierdie gratis oefenvraestelle van Eugene van der Westhuizen afgelaai en dit uitgewerk het om voor te berei vir jou tweede kwartaal se eksamen. Dit sal sommer baie lekker wees om die appeltert te eet en boonop goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te kry!
Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025
2025-04-29Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Met hierdie viering in gedagte, het verskeie kunstenaars besluit om projekte rondom die getal 100 te loods. 100 Vlugskrifte word op 13 Mei 2025 om 18:00 by NALN aangebied en meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik.
Persverklaring: Maak só vir ’n gerieflike, onvergeetlike Suidoosterfees-ervaring
2025-04-25Van 30 April tot 4 Mei word ’n groot toeloop van feesgangers by die Kunstekaap in Kaapstad verwag. By vanjaar se fees is kuns álles en feesgangers kan gerus die volgende wenke in gedagte hou vir ’n gerieflike ervaring propvol onvergeetlike indrukke wat die gees nog lank gaan voed.
LitNet: Die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025
2025-04-25LitNet: Die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025
Persverklaring: Aankondiging van die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025
2025-04-25Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2025 aan.
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Doen nou aansoek vir 2025
2025-04-24Skrywers wat in 2025 se winter vir ’n maand lank rustig wil skryf, kan nou aansoek doen vir Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap op Cradock/Nxuba.
Pasverskyn: Wat is jy, Kartoffel? deur Marga Jonker
2025-04-24Wat is jy, Kartoffel? is ’n geïllustreerde kinderstorie oor ’n jong strandwolfie wat ’n paar verskillende diere teëkom en moet verduidelik watter soort dier hy nou eintlik is.
Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees
2025-04-24Produksies op die Suidoosterfees se dansprogram beloof om vanjaar weer mense te betower met aanskoulike tegnieke en passies. Figure of 8-dansteater, een van Kaapstad se voorste geselskappe, sorg saam met Suidoosterfees vir verskeie hoogtepunte op die dansspyskaart van 30 April tot 4 Mei.
Press release: Modjaji Books and Catalyst Press announce international publishing partnership
2025-04-24This arrangement promises to bring increased global visibility to Modjaji authors while maintaining Modjaji’s distinctive editorial vision and established local presence.
Wiskunde: Graad 9-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2025-04-23Is jy in graad 9 en voel dit vir jou daar is genoeg alfabetletters waarmee jy in Wiskunde te doen het dat dit nou al na Afrikaans voel? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel kan jou met jou somme help. Werk dit uit en berei voor vir die tweede kwartaal se eksamen. (As jy vir Afrikaans wil voorberei, is daar ook hulpvraestelle daarvoor op LitNet beskikbaar.)
Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2025-04-23Is jy in graad 8 en sal jy eerder met jou broer of suster tyd spandeer as om Wiskunde te doen? Werk net eers hierdie som in Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel uit: "Jaco was twee jaar gelede twee keer so oud soos sy sussie Jane. Hoe oud is Jaco as Jane nou 𝑝 jaar oud is?" Noudat jy hierdie antwoord ken, kan jy die volgende som ook doen. (As jy onseker is oor hoe om die berekening te maak, sal haar memorandum jou help!)
Persverklaring: Vriend van Nagkantoor-eienaar wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys
2025-04-23Christo Els is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2025-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000. Els het die woord "nagkantoor" gekoop as geskenk aan sy vriend en eienaar van die Nagkantoor Kuierkroeg op Kaapsehoop, oudjoernalis De Wet Potgieter.
