Persverklaring: RSG Radioteater se Leniesgif op Donderdagaand 24 April om 20:00
2025-04-22Leniesgif deur Hendie Grobbelaar is die naaswenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
Press release: The Island Prize longlist 2025
2025-04-17We are delighted to announce the 2025 Island Prize longlist for a debut novel by an African writer. The Island Prize is an annual competition held by Holland House Books. It offers both a small monetary reward and assistance in navigating the difficult world of the publishing industry, such as working on the winning manuscript with the author and assisting them in approaching agents and publishers.
Nuut by Lapa: Wat is jy, Kartoffel? deur Marga Jonker
2025-04-17Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie. Hy is nie meer mooi seker of hy ’n wollie, of ’n woffel, of dalk ’n waffel is nie. Gelukkig is die diere vriendelik. Tot ’n rooijakkals aan hom begin ruik ... Lees saam aan hierdie skattige kinderstorie oor ’n strandwolfie se soeke na wie hy is en waar hy inpas. Perfek vir enige kinders wat wonder oor waar hulle plekke is en waar hulle behoort.
Nuut by Lapa: Droomhuis-avonture deur Lauren O’Connor-May
2025-04-17Elke aand as sy in die bed klim, word Verity se towerhuis wakker en neem haar op asemrowende avonture: van strande tot woude. Maar soos Verity ouer word, word die huis nie meer wakker nie. Net toe sy dink haar avonture is verby, ontdek Verity ’n nuwe tipe towerkrag: om die wêreld saam met haar familie te ontdek! Kom ontdek saam met Verity dat die beste avonture dié is wat jy kan deel met die mense vir wie jy lief is. Perfek vir dromers van alle ouderdomme!
Nuut by Lapa: Bollie: Somervakansie deur Wendy Maartens
2025-04-17Jippie, dis somervakansie! Wat gaan jy doen? Lekker in die see swem? Kamp en baie roomys eet? Hierdie vakansieboek kan jy oral saam met jou neem. Dit is propvol raaisels, stories en aktiwiteite! Die Bollie-reeks bied ’n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun.
Nuut by Lapa: Bollie: Getalle en babadiere deur Wendy Maartens
2025-04-17Is jy lief vir babadiere? Dan sal jy mal wees oor hierdie Bollie-boek! Leer saam met Bollie oor diere, en bou saam legkaart. Ontdek ook meer oor getalle in hierdie opwindende 2-in-1-aktiwiteitsboek. Die Bollie-reeks bied ’n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun.
Nuut by Lapa: Bollie: Alfabet- en diereteken deur Wendy Maartens
2025-04-17Die alfabet het 26 letters. Hulle is almal in hierdie boek! Met watter letter begin jou naam? Hou jy van diere en hou jy daarvan om te teken? Dan is hierdie boek regtig iets vir jou! Jy lees oor diere en jy leer hoe om hulle te teken. Die Bollie-reeks bied ’n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun.
Uitnodiging: FilosofieKafee – Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede
2025-04-17Tot vandag toe bly Suid-Afrika die enigste land ter wêreld wat vrywilliglik van kernwapens, wat op plaaslike bodem geproduseer is, ontslae geraak het. Was dit ’n wyse besluit, gegewe die hernieude spanning en onsekerheid wat tans weer op internasionale vlak heers? Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydagaand 2 Mei in Wellington. Lydia von Wielligh-Steyn is die spreker.
Persverklaring: Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend
2025-04-16Die kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekend gemaak. Die pryse dien veral as aansporing en erkenning vir skrywers om hoëgehaltepublikasies op teologiese en Christelike gebied in al ons landstale te lewer.
Persverklaring: André Terblanché aangestel as nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum
2025-04-16André Terblanché is sedert 1 April die nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum op Wellington.
Press release: 2025 Commonwealth short story prize shortlist announced
2025-04-16The Commonwealth short story prize is awarded annually for the best piece of unpublished short fiction from any of the Commonwealth’s 56 Member States.
Pasverskyn: Klaarte deur Louis Esterhuizen
2025-04-15Klaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde digbundel en bevat merendeels lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone, maar ook aktualiteitsverse oor die geskiedenis, ekologie en die digkuns self.
Persverklaring: Kanna-benoemings vir KKNK 2025 bekend
2025-04-15Die Kanna-pryse erken jaarliks uitnemende artistieke bydrae by die KKNK en die Kanna-benoemings na afloop van die 29ste KKNK, geborg deur Absa, is bekend.
Persverklaring: RSG Radioteater se Lyne wat kruis op Donderdagaand 17 April om 20:00
2025-04-15Heel bo aan die lys: Maggie Grove. Janine verwag nog ’n standaardoproep, nog ’n ongemaklike of ongeskikte "nee dankie", maar wat sy kry, is iets heel anders.
