Persverklaring: NB-Uitgewers sien toe dat rekordtal vertalings die lig sien
2025-04-07NB-Uitgewers kan met trots aankondig dat die vertaalregte in 27 van hul titels in die huidige boekjaar aan buitelandse uitgewers gelisensieer is – die meeste in die uitgewery se geskiedenis.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Leeumens deur Rudie van Rensburg, 10 April, Malmesbury-biblioteek
2025-04-03Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Rudie van Rensburg se misdaadriller Leeumens. Kom kuier en gesels saam met die skrywer en Engela Duvenage op 10 April by Malmesbury-biblioteek.
Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior
2025-04-02Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.
Persverklaring: Billike verblyf en sakpas-aanbiedinge vir Suidoosterfees-besoekers
2025-04-02Die spesiale afslagtarief sluit ook drie gratis feeskaartjies vir uitgesoekte vertonings in, en gratis feesvervoer word verskaf tussen die hotel en Kaapstad Internasionale lughawe.
Persverklaring: Wil jy saamskryf?
2025-04-02Is jy ’n limeriekskrywer? Het jy ’n fantastiese sin vir humor en ritme? Wil jy saamskryf aan een van die snaaksste boeke wat hierdie jaar die lig sal sien?
Pasverskyn: Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna deur Maretha Maartens
2025-04-02Twee gunstelinge in een band: Sara – In dié roman word die leser meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou, Sara. Hanna – Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Sal Hanna guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek?
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Ontvoer deur Constant van der Merwe
2025-04-02Kom kuier saam op Wêreldboekedag (23 April) by ’n boekgesprek oor Ontvoer deur Constant van der Merwe by Strand-biblioteek, waar Maryke Roberts met die skrywer in gesprek sal wees.
Persverklaring: RSG tel die dae af na Afrikaans amptelik 100 met Sending van ver
2025-04-01Alhoewel Sending van ver as sodanig nie as ’n verwerking van Langenhoven se verhaal beskou kan word nie, word daar tóg in sekere aspekte in hierdie kort vervolgverhaal gedeeltelik en baie vry geploeg met Langenhoven se kalwers.
First sip: The first-generation founder by Raymond Ledwaba
2025-04-01Historical inequality affects entrepreneurship too. Knowledge and resources are still concentrated. Raymond Ledwaba is the founder and CEO of ITTHYNK Gaming and the co-founder of Diski Nine9. He successfully migrated from a career in banking to a life of entrepreneurship. Having not been exposed to a start-up environment, this was a plunge into the unknown. Read an excerpt here.
1 April 2025: Gekkedag-uitnodiging
2025-04-01Die LitNet-redaksie nooi mense uit om vir ons te skryf oor dinge in die lewe wat gek is. Dit kan oor enigiets gaan: hoe absurd die prys van brood is, of hoe snaaks dit lyk as sekere mans snorre kweek, of watter regerings aan bewind is, of hoe vergesog dit is wat in verskillende wêrelddele aan die gang is – of net eenvoudig iets snaaks, ’n onverwagse of humoristiese staaltjie wat jy met die res van ons lesers wil deel.
Persverklaring: RSG Radioteater se Die versamelde dagboeke van ene Professor Weidemann op Donderdagaand 3 April om 20:00
2025-03-31En dit was maar net weer ’n bewys dat sommige stories net beter in die één vorm werk as in die ánder.
Persverklaring: Dramas van wenners en 100 jaar van amptelike Afrikaans in RSG se nuwe Radioteaterseisoen
2025-03-31Die eerste Radioteaterseisoen van 2025 begin op 3 April en duur tot 26 Junie, elke Donderdagaand om 20:00. Luisteraars kan uitsien na oorspronklike wentekste, onvergeetlike stories en ’n paar verrassende nuwe klanke.
Press release: AVBOB Poetry Project – a parallel life
2025-03-31Do you sometimes worry that you have to choose a single career, discarding the bits of you that do not serve it? Read the useful tips Chantal Stewart has shared for sustaining creativity in the midst of a busy working life and let them feed your own creative fires.
Persverklaring: Unveiled / [ont]BLOOT open 3 Mei by die Art.b Galery in Belville, Kaapstad
2025-03-31Die uitstalling Unveiled / [ont]BLOOT vier die skoonheid en diversiteit van naakte figuurkuns met ’n ryk verskeidenheid kunsvorme, insluitend sketse, skilderye, fotografie, beeldhouwerk, drukke ens. Die openingsaand belowe om ’n absolute fees vir die sintuie te wees, kompleet met musiekopvoering, figuurstudiemodelle, en interaktiewe kunsstasies, wat ’n ervaring skep waarby bywoners direk betrokke kan raak by die skeppingsproses.
