Press release: 60th Fleur du Cap Theatre Awards announce special award recipients for 2025
2025-03-18The panel of judges for the 60th Fleur du Cap Theatre Awards, sponsored by Heineken Beverages, has announced the recipients of the 2025 special awards ahead of the highly anticipated ceremony at Cape Town Stadium on Sunday, 23 March.
Wiskunde: Graad 10-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal
2025-03-18Is jy in graad 10 en veroorsaak breuke vir jou hoofbrekens? Jy hoef nie verder jou koppie daaroor te breek nie. Laai Lee-Ann Langeveld se tweede gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor sodat jy jou toets lag-lag sal deurkom.
Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal
2025-03-18As jy in graad 10 is en die letters "x" en "y" laat jou dink dat die alfabet einde se kant toe staan, is jy reg. Die kwartaal is ook amper verby en dis tyd om vir die algebra-toets voor te berei. As jy hierdie gratis vraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld opgestel het aflaai, gaan jy voorbereid wees vir jou toets. Dis die alfa en die omega van die saak!
Persverklaring: Hê ’n aandeel aan die 25ste Woordfees se kreatiewe identiteit
2025-03-18Jy word genooi om saam met die Toyota Stellenbosch Woordfees deel te hê aan die viering van 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking. Vanjaar se tema is "deel". Ons hou weer ’n lentefees in die Eikestad vanaf 11 tot 19 Oktober, en jou sketse, spotprente en illustrasies kan deel uitmaak van die feestema en -vieringe.
Persverklaring: Picture this – Ons is op soek na uitstaande ontluikende illustreerders
2025-03-17Is jy een van die inspirerende prenteboekillustreerders na wie ons op soek is? Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat saam ’n storie vertel.
Nuut by Lapa: Leesboek 3: Tippie se avonture deur Fanie Viljoen, José Palmer en Reinette Lombard
2025-03-14Lees is pret met Tippie die Olifant! Leesboek 3 is saamgestel as ’n hoofstukboek om die vaardighede wat in Leesboek 1 en 2 bekendgestel is, te versterk en tuis te bring en is ontwerp om woordeskat en begrip uit te brei, wat met ander Tippie-titels integreer. Die stories bevat uitgebreide sinne en paragrawe en stel kontekstuele woordeskat bekend, met ’n fokus op ingewikkelde spelling.
Nuut by Lapa: Leesboek 2: Tippie ontdek deur Fanie Viljoen, José Palmer en Reinette Lombard
2025-03-14Leesboek 2 is saamgestel met 10 dekodeerbare stories wat voortbou op die vaardighede wat in Leesboek 1 bemeester is, en verder fonemiese bewustheid, begrip en woordeskat verbeter. Hierdie noodsaaklike hulpbron werk in harmonie met ander Tippie-titels en ondersteun beide skool- en tuisonderrig.
Nuut by Lapa: Leesboek 1: Hallo, Tippie! deur Fanie Viljoen, José Palmer en Reinette Lombard
2025-03-14Lees is pret met Tippie die Olifant! Leesboek 1 is saamgestel met 12 dekodeerbare stories wat fokus op klankontwikkeling, die koppeling van klanke en letters, sowel as die bou van sukses en selfvertroue in lees met begrip en die verhoging van vloeiendheid.
Nuut by Lapa: Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag deur Fanie Viljoen
2025-03-14"G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!" roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie.
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
2025-03-14Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
Persverklaring: Pastoral Ornaments – uitstalling deur Pauline Gutter
2025-03-13Pastoral Ornaments word tot 30 Maart by die Glen Carlou Gallery uitgestal in die hoofgallery, waar Janine Allen se New World en Keagan Larkin se Conflict and Currency ook tans besigtig kan word.
Press release: In Afterland, an art exhibition by Lien Botha, 6–28 March 2025, Cape Town
2025-03-13Eclectica Contemporary presents In Afterland, a solo show by Lien Botha from 6 to 28 March 2025. Karen Press writes, "The compositions of In Afterland enact a form of scrutiny that confronts many pasts with a generous clarity of vision and an invitation to recompose them for a redressed future."
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's, eerste kwartaal
2025-03-13Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!
Invitation: Book launch of The Mavericks by Stephen Cranston on 19 March 2025 in Cape Town
2025-03-12Anet Ahern will be in conversation with Stephen Cranston at the book launch of The Mavericks on 19 March at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.
