LitNet

LitNet

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-03-06

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet LitNet-skrywersberaad 2025-03-05

In 2024 is die eerste fase van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied ter viering van LitNet se kwarteeubestaan. Steeds gaan dié gesprek voort as die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad.

Persverklaring: Nou lewe Shakira Peach!

LitNet Musiek 2025-03-05

Onthou jy "Ek lewe" van Anneli van Rooyen? Shakira het golwe gemaak onder jong aanhangers met haar twee enkelsnitte "Disco" en "Spook". Nou begin Shakira lewe in die musiekbedryf met haar nuwe enkelsnit, "Lewe vir jou", wat in Februarie vrygestel is. Maak gereed om hierdie nuut verwerkte treffer van voor af te geniet!

Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-05

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou help om voor te berei. Dit kan jou help om af te trek en op te tel. Tel daarna ’n stokkielekker op en proe hoe lekker dit smaak as jy hard gewerk het!

New from Penguin: Canary by Onke Mazibuko

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-03-04
Maks Ntaka has a target on his back. After years of loyal work for Arms-Tech Industries, Maks has found proof of serious corruption in his department. Tender fraud, illegal kickbacks, inflated contracts, the same old story. In this compelling and harrowing account of a whistleblower, Onke Mazibuko creates a nail-biting, paranoid thriller about a good man pushed to the limit. 

Nuut by Human & Rousseau: Keur 10Plek van die bittermaan en Kamer van die stormwind deur Helene de Kock

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-03-04

In Plek van die bittermaan besluit die beeldskone Tessa, ’n ongetroude enkelma, om met haar seuntjie stad toe te vlug waar sy “anoniem” sal kan wees. Maar dis nie so maklik nie en sy word voor hartverskeurende keuses gestel. In Kamer van die stormwind moet die jong Jessica afskeid neem van haar man wat ná ’n rugbybesering al maande in ’n koma is. Maar ten spyte van die hartseer, bly sy steeds deel van die stroom van die lewe.

New from Jonathan Ball: Hell Run Tobruk by Justin Fox

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-03-04

It’s the height of World War II and the fate of the world hangs in the balance. Lieutenant Jack Pembroke is ordered to join a convoy and sail his beloved ship, HMSAS Gannet, from South Africa to Egypt, where he will join the coastal escorts. With the Mediterranean all but closed to maritime traffic and Rommel’s forces rampaging across North Africa, it seems unlikely Gannet will survive. Hell Run Tobruk is the third book in the thrilling Jack Pembroke series, each of which is a stand-alone story.

Nuut by Jonathan Ball: Outopsietafel: Stories van ’n forensiese patoloog in Afrika deur Ryan Blumenthal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-03-04

As ’n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het.

Pasverskyn: Dink jouself gelukkig deur Pieter van Jaarsveld

LitNet Boeke en skrywers 2025-03-04

Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-04

Is jy in graad 4 en wil jy eerder aan ’n roomys smul as om vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei? LitNet kan help – met die voorbereiding vir jou Wiskundetoets. Laai ’n gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af, oefen soveel moontlik somme en proe die soete smaak van goeie punte vir hierdie kwartaal se harde werk.

Persverklaring: Oesmaan | Harvest moon – Afrikaanse Taalmonument, 14 Maart 2025

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-03-04

Besoekers kan die volmaan van nader bekyk tydens ’n heerlike aand op die beeldskone Paarlberg. Die Afrikaanse Taalmonument nooi almal hartlik uit om hierdie natuurverskynsel op Vrydag 14 Maart te geniet as deel van die instelling se halfeeuvieringe.

LitNet: Grondhervorming uitgepluis

LitNet Nuusbrief 2025-02-28

LitNet: Grondhervorming uitgepluis

Persverklaring: kykNET Fiëstas 2025 – hier is die wenners!

LitNet kykNET Portaal 2025-02-28

Die wenners van vanjaar se Fiëstas is op 27 Februarie by ’n glansryke toekenningsgeleentheid in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad bekendgemaak. Hier is die wenners!

Persverklaring: Afrikaans Amptelik 100 – Feesprogram in Kaapstad bekendgestel

LitNet Feeste 2025-02-28

Ná maande se beplanning, bloedsweet, onderhandelings, navorsing, kopkrap en harde werk, is dit uiteindelik hier: die program vir Afrikaans Amptelik 100 se vieringe van ons mooiste laslappietaal se eeufees as amptelike taal.

Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-26

Is jy in graad 8 en ken jy "Hop, hop, spinnekop"? Jy sal van vreugde hop as jy hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai, voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-toets – en goeie punte behaal. (In die vraestel sal jy boonop oor die liedjie ook kan lees.)

Top