Pasverskyn: Leeumens deur Rudie van Rensburg
2025-02-26Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep. Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind.
Persverklaring: Musiek is ons erfenis by Suidoosterfees
2025-02-25Musiekliefhebbers kan gereed maak vir konserte en uitvoerings uit die boonste rakke tydens die Suidoosterfees, vanjaar aangebied van 30 April tot 4 Mei by Kunstekaap in Kaapstad.
Persverklaring: Hier is die lokprent én res van die rolverdeling van Niggies
2025-02-25Van die bekendste name in teater, film en TV in Suid-Afrika is deel van die rolverdeling van Niggies, die nuwe dramareeks wat op 25 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. Niggies is gegrond op ware gebeurtenisse en vertel die verhaal van die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1965 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor word. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry, maar dit sou hom byna 20 jaar kos.
Press release: Books on the Bay | A literary festival in Simonʼs Town (14–16 March 2025)
2025-02-25The run-away success of Simon’s Town’s two previous literary festivals has inspired a knockout line-up for 2025. The town is set to host some of South Africa’s most celebrated writers on 14, 15 and 16 March. The festival’s 24 diverse events range from readings, panel discussions and a poetry soirée with more than 30 South African and international writers, and winners of all major literary prizes in South Africa.
Sluitingsdatum uitgestel – Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2025-02-25Die SA Akademie nooi u hartlik uit om die opkomende studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe by te woon. Die program sluit interessante aanbiedings vanuit verskeie vakgebiede in.
Writer in residence for LitNet’s Kommadagga workshop: Siphiwe Gloria Ndlovu
2025-02-24The Jakes Gerwel Foundation offers, in partnership with Huisgenoot and LitNet, a mentorship programme to promising emerging short story writers.
Inwonende skrywer vir LitNet se Kommadagga-slypskool: Siphiwe Gloria Ndlovu
2025-02-24Die Jakes Gerwel Stigting bied, in vennootskap met Huisgenoot en LitNet, ’n mentorskapprogram aan belowende opkomende kortverhaalskrywers.
Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-24Is jy in matriek en wonder jy of jou gene kan help om te bepaal vir watter beroepsrigting jy aangelê is? Voordat jy verder daaroor nadink, moet jy eers hard werk om goeie punte te behaal. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engebrecht af en berei voor vir jou Lewenswetenskappe-vraestel hierdie kwartaal. Daar is voorbeeldvrae wat juis oor DNS handel!
Persverklaring: Finaliste vir ATKV-Crescendo se 2025-mentorskapprogram bekend
2025-02-21Ná ’n week van wik en weeg is 22 finaliste aangewys uit vanjaar se inskrywings vir die ATKV-mentorskapprogram wat van 30 Maart tot 6 April in die Paarl gaan plaasvind. Deelnemers kon hulle oorspronklike liedjies digitaal inskryf of persoonlike oudisies by ATKV-Crescendo se talentsoekers in die Tuinroete, Klein-Karoo, Weskus, Atlantis of Worcester doen. Vanjaar is daar ook vir die eerste keer oudisies in Namibië gehou, wat twee finaliste opgelewer het.
Persverklaring: Twee ikone word by 15de Fiësta-toekennings vereer
2025-02-20Amanda Strydom en Frank Opperman word vanjaar by die 15de kykNET Fiësta-toekennings vir hulle lewensbydrae tot die kunste in Suid-Afrika vereer.
Nuut by Lapa: Die ware avonture van Adelie & Rylie: Die MOEsters deur Felicia Snyman-Du Toit
2025-02-20In Die MOEsters gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?
New from Jonathan Ball: Fading footprints: In search of South Africa’s first people by José Manuel de Prada-Samper
2025-02-20Part historical detective story, part memoir, Fading footprints traces the author’s journey into the magical folklore of the /xam hunter-gatherers of the Upper Karoo. Through archival research and on field trips in South Africa, De Prada-Samper reveals the tragic scope of the genocide of the /xam San by European colonisers. However, he is also able to humanise the /xam as he delves into the work of two Victorian researchers, who recorded the stories of San prisoners in Cape Town over more than a decade in the late 1800s.
Nuut by Human & Rousseau: Die vyf susters deur Eleanor Baker as Alex Muller
2025-02-20Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker. Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.
Pasverskyn: Deur die sterre gelei-trilogie deur Deneys Reitz
2025-02-20Deur die sterre gelei is die trilogie van Deneys Reitz se drie boeiende boeke (Kommando, Trek voort en Geen uitspan) wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaaide lewe beskryf. [Die trilogie] gee vir die leser ’n wonderlike insig in die gebeure in Suid-Afrika tussen 1899 en 1943 – gesien deur die oë van ’n vreeslose Suid-Afrikaanse avonturier wat ook ’n talentvolle skrywer was.
