Uitnodiging: Boekbekendstelling van Prins deur Ryan Pedro – 30 April, The Book Lounge, Kaapstad
2025-04-14Kom luister gerus na Ryan Pedro en Alfred Schaffer by die boekbekendstelling van Prins op Woensdag, 30 April by The Book Lounge in Kaapstad.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-hersieningsvraestel (begrip, taal en opsomming), tweede kwartaal
2025-04-14Is jy in graad 9 en voel jy bietjie soos ’n springbok wat sy spring verloor het as jy aan die tweede kwartaal se eksamen dink? LitNet kan help. Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestel deur Zelda Brits af en toets jou kennis aan die hand van oefenvoorbeelde, soos onder andere ’n leesstuk oor ’n springbok wat sy spring verloor het. Jy sal sommer bokspring van blydskap as jy jou punte aan die einde van die kwartaal sien!
Persverklaring: Die stories van Afrikaans: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans
2025-04-11Die nuwe dokumentêre reeks Die stories van Afrikaans, wat op Sondag 27 April op kykNET begin, vier en verken al die uitlopende aspekte van die Afrikaanse taal in agt boeiende episodes. Met ryk argiefmateriaal en meer as honderd gesaghebbende stemme sny dié reeks die spore van die fassinerende ware verhale van die karakters, botsings, liefdes en langpaaie wat die taal deur vier eeue gebrei het en aan die Afrika-grond bind.
Persverklaring: KKNK 2025 oortref verwagtinge
2025-04-10Vanjaar se KKNK, geborg deur Absa, is van 1 tot 6 April op Oudtshoorn aangebied, met ’n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.
Persverklaring: Aankondiging van wenners
2025-04-10PEN Afrikaans het op 8 Junie 2024 ’n kortverhaal- sowel as ’n gedigskryfkompetisie in samewerking met die aanlyn platforms LitNet en Versindaba aangekondig. Hierdie kompetisie met die breë tema "Kyk hoe ver het ons gekom" is geloods as deel van die viering van Afrikaans Amptelik 100 en kon ’n werklikheid word danksy ’n ruim borgskap van Kruger Internasionaal.
Persverklaring: Kortlys van die Protea Boekhuistoekenning bekendgemaak
2025-04-10Die kortlys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Protea Boekhuistoekenning vir beste gepubliseerde boek in geskiedenis of kultuurgeskiedenis word hiermee bekend gemaak. Dié prys word jaarliks toegeken en roteer tussen ’n ongepubliseerde magisterverhandeling, ’n ongepubliseerde doktorale proefskrif en ’n gepubliseerde boek in Afrikaans oor geskiedenis of kultuurgeskiedenis.
Persverklaring: Die INK dig- en skryfkompetisie is oop tot 31 Mei 2025
2025-04-10INK Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in ’n spog-bloemlesing opgeneem gaan word, naamlik Inkspraak 6, Inkspraak 6 Jeug, en Inkspraak 6 Kortverhale. Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans.
Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, eerste en tweede kwartaal
2025-04-10Is jy in graad 8 en leer julle baie nuwe dinge in Natuurwetenskappe vanjaar? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht om jou werk vir die eerste en die tweede kwartaal vas te lê. Jy sal sien hoeveel jou punte verbeter – en jou selfvertroue sal, net soos hierdie plante op die prent, groei!
Fresh off the press: We two from heaven by James Whyle
2025-04-09How do we know who we are? Upending the reader’s expectations of a memoir, Whyle then explores the violence and madness of apartheid society as the narrator passes through boarding school and university and takes his first steps to become a writer. ... At the end of history, on the shores of a blue bay, the voices of the past can be heard as we await the arrival of the barbarians – or the baboons, whoever comes first.
Persverklaring: RSG Radioteater se Die vrywording van Egbertus Lodewikus Appel op Donderdagaand 10 April om 20:00
2025-04-08Maar dan daag ’n tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak en Stella dwing om met die familiegeraamtes in haar kas na vore te kom.
Persverklaring: Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe vier ’n eeufees én ’n redaksionele oorgang
2025-04-08Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring op 3 April 2025 hulde aan Ina Wolfaardt-Gräbe, wat ná meer as 24 jaar as hoofredakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) die leisels aan Nerina Bosman oorgee. Tydens die geleentheid het die Akademie ook die TGW se nuwe temanommer, jaargang 65, nommer 1, bekendgestel.
Uitnodiging: Spanje: Reise in palimpses deur André Pretorius – ’n boekgesprek
2025-04-07Martelize Brink gesels met André Pretorius oor sy boek, Spanje: Reise in palimpses, op Saterdag 12 April 2025 om 10:30 by Taste Restaurant, Ryneveldstraat 44, Stellenbosch.
Persverklaring: NB-Uitgewers sien toe dat rekordtal vertalings die lig sien
2025-04-07NB-Uitgewers kan met trots aankondig dat die vertaalregte in 27 van hul titels in die huidige boekjaar aan buitelandse uitgewers gelisensieer is – die meeste in die uitgewery se geskiedenis.
