LitNet

LitNet

Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memo’s, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-24

Is jy in graad 7 en nou eerder lus vir middagete as om vir jou laaste Afrikaans Huistaal-eksamen van die tweede kwartaal voor te berei? Indien jy ook honger is vir goeie punte, laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en gebruik die oefenvoorbeelde om vir jou eksamen voor te berei. Daar is ’n resep vir ’n bekende Suid-Afrikaanse gereg as voorbeeld. 

Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-23

Is jy in graad 10 en voel jy vrolik omdat dit amper vakansie is? Daar’s nog ’n rede om positief te voel. Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir jou eksamen voor te berei. Wees bly, want daar is boonop somme oor positiewe eksponente in hierdie vraestel. Jy sal positief oor jou punte voel as jy vir oulaas ’n vraestel uitwerk en vir die eksamen voorberei.

Afrikaans Huistaal: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-23

Is jy in graad 10 en wil jy heeldag op TikTok spandeer – maar jy skryf nog hierdie week jou Afrikaans Huistaal-eksamen? LitNet het net goeie nuus vir jou. Jy kan hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai en vir jou eksamen voorberei. Boonop word daar juis oor TikTok in een van die oefenvoorbeelde geskryf. Die ander goeie nuus is dat dit amper vakansie is!

Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring

LitNet kykNET Portaal 2025-06-20

“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.

LitNet: Jou Veldsoirée-program

LitNet Nuusbrief 2025-06-20

LitNet: Jou Veldsoirée-program

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer ...

LitNet Aardklop 2025-06-19

Die program vir 2025 se Momentum Aardklop-fees, #DieKunsVanFees, is pas bekendgestel.

Program: Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-06-19

Kom word deel van ’n besonderse ervaring.

Nuut by Human & Rousseau: Twyfelbos deur François Loots

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds. Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans. Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor. 

Nuut by Queillerie: Die dood van Rachel April deur PP Fourie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19
Joernalis en meesterstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het. Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets belangriks ontdek het. Maar wat kan dit wees? Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodsgevaar.

Nuut by Naledi: Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19

Met hierdie sterk en boeiende debuut dwing Sandra Skinner die leser om skokkende waarhede in die gesig te staar. Dit is ’n kaalvuis fiktiewe verhaal wat ook elemente van ware gebeure bevat. Dit weier om ontkenning van die sistemiese wreedhede van ons verlede te aanvaar. Dit hou ook die spieël van die hede voor die leser en vra die ongemaklike vraag: Is daar nie nog steeds Karoolse en Madelees in ons midde nie?

Nuut by Lapa: Bloedblou deur Jan Vermeulen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.

Nuut by Lapa: Zombie-sokker deur Fanie Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19

Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir ’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n stem wat roep: "HONGER-R-R-R"? Gaan Tibs en Elroy betyds die zombies kan keer wat dreig om die sokkerwedstryd te ontwrig?

Fresh off the press: The shortest history of China by Linda Jaivin

LitNet Books and writers 2025-06-18

Journey across epic China – through millennia of early innovation to modern dominance in one riveting, fast-paced read. From ancient times to Xi Jinping, Covid-19 and the “wolf warriors”, here is the vast, complex history of China, distilled into just 250 pages. Jaivin dismantles the idea of a monolithic China, revealing instead a nation of startling diversity. And she gives China’s women, from ancient warriors, inventors and rebels to their 21st-century counterparts, long overdue attention.

Gewildste plasings op LitNet: 11 tot 17 Junie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-06-18

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 11 tot 17 Junie 2025.

Top