Die volgende digbundels is volgens die beoordelaars se aanbeveling op die kortlys vanjaar – in alfabetiese volgorde:
Jaco Barnard-Naudé: om my kastele in spanje te sloop
Tom Dreyer: Nou in infrarooi
Alwyn Roux: weerskyn
Die wenner sal aan die einde van Augustus aangekondig word en op 13 September word die prys aan hom oorhandig by die Tuin van Digters in Wellington.
Marius Crous, namens die komitee
Lees ook:
Digters Dreyer en Roux toer Lae Lande met hul bundels Nou in infrarooi en Weerskyn
Plekspesifieke poësie in Jaco Barnard-Naudé se Om my kastele in Spanje te sloop
Nou in infrarooi deur Tom Dreyer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay


Kommentaar
Mag ons weet wie die beoordelaars was?
Is dit nie voortydig om reeds 'n kortlys van drie bundels nou al bekend te maak nie?
Dit skep verwagtinge asook druk veral in die sosiale media wat onafhanklikheid van die beoordelaars in die spervuur kan plaas ....