Uitnodiging: Weerskyn deur Alwyn Roux | Pretoria-boekbekendstelling, 16 Mei 2024
2024-05-13Weerskyn deur Alwyn Roux: Protea Boekhuis en Aristata Boekwinkel Hatfield nooi u hartlik uit na die Pretoria-boekbekendstelling op 16 Mei 2024 by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Boekbekendstelling: Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé | The Book Lounge, 23 Mei 2024
2024-05-13Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé word op Donderdag 23 Mei 2024 by The Book Lounge in Kaapstad vrygestel. Loftus Marais sal die gespreksleier wees.
Persverklaring: Die Louwhuis op Sutherland ontvang unieke versameling boeke
2024-05-10Sutherland spog nie net met ’n wêreldberoemde sterrewag nie, maar ook met twee helder sterre aan die hemelruim van die Afrikaanse letterkunde. Die digtende broers NP Van Wyk Louw en WEG Louw het hulle eerste lewensjare in dié huis deurgebring. Anders as in die verlede sal dit ’n lewende museum wees wat ook as ’n gebruiksvriendelike sentrum sal dien vir navorsers en nuuskieriges oor die Afrikaanse digkuns.
Persverklaring: Oproep om referate – algemene simposium van die SA Akademie | Sperdatum 30 Junie 2024
2024-05-10Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024 in Pretoria plaas en sal in ’n hibriede formaat aangebied word. Die tema vanjaar is: "Van isolasie na internasionalisering: Tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar".
Uitnodiging: Willie Burger bespreek Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging op 13 Junie 2024 by NALN in Bloemfontein
2024-05-10Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN bied graag ’n praatjie aan deur Willie Burger, redakteur van Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging, op 13 Junie om 18:00.
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2024-05-09Is jy in graad 12 en eerder lus vir ’n kolwyntjie as om vir hierdie belangrike eksamen voor te berei? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy entrepreneurswenke ten opsigte van kolwyntjies kry en sommer ook prettig vir jou eksamen kan voorberei. As jy nie presies weet wat ’n kolwyntjie is nie, laai sommer ook ’n Afrikaans-vraestel van LitNet af.
Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-05-08Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 31 Mei 2024 ingewag.
Persverklaring | KKNK: Vertel jou storie by die negende Teksmark
2024-05-07Verskeie teksvoorstelle wat na die afgelope twee jaar se Teksmark tot volskaalse teaterproduksies ontwikkel is, was reeds vanjaar by die KKNK en Suidoosterfees op die planke en verskeie is binnekort ook by Innibos en die Vrystaat Kunstefees te sien.
Pasverskyn: Die man wattie kinnes vang deur Nathan Trantraal
2024-05-07In 2021 is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media "The Railway Ripper" noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
Nuut by Penguin: Die nege lewens van Mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman
2024-05-07Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord … Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek?
New from Umuzi: God’s pocket by Sven Axelrad
2024-05-07The quarry, however, might not be as abandoned as it seems … What or who will Filo discover there? And what price will he pay for his art?
New from Kwela: The child by Alistair Mackay
2024-05-07After a mental breakdown costs him his job in New York, a young man returns to Cape Town. He and his husband want to rebuild their lives and start a family by adopting a child, but the application forces him to confront his own past.
New from Jonathan Ball: Hunting the Seven by Beverley Roos-Muller
2024-05-07Never have seven people been so hunted. By assassins. By journalists, lawyers and activists in search of the truth and TRC investigators wanting justice for the victims’ families.
Persverklaring: Bekendstelling van Faust vertaal in Afrikaans deur Robert Schall | Oude Leeskamer, 9 Mei 2024
2024-05-07Sluit aan by Oude Leeskamer vir die bekendstelling van Faust deur Johann Wolfgang von Goethe, soos in Afrikaans vertaal deur Robert Schall. Die digter en skrywer Bernard Odendaal sal in gesprek wees met Schall oor die uitnodigings en genot daarvan om te werk aan dié nuwe rymende vertaling wat daarop gemik is om sowel die poëtiese eienskappe as die humor van Goethe se teks weer te gee.
