Nuut by Lapa: Sneller deur Sunel Combrinck
2024-05-02Een oomblik. Twee mense. Drie skote. In ’n oogwink kan alles verander. Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Maar Inneke het ’n geheim. Een wat alles tussen haar en Logan kan vernietig, want sosiale media het ’n ernstige verwoestende kant. Is Inneke en Logan se liefde sterk genoeg om ’n donker geheim te weerstaan?
Nuut by Lapa: Sanri Steyn – omnibus 3 deur Theresa van Baalen
2024-05-02Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Nuut by Penguin: Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg
2024-05-02Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing.
Persverklaring: Andrew Murray-prys | Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse
2024-05-02Die Andrew Murray-prys is die “moederprys” onder die sambreel van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds wat in sy oorspronklike vorm al bykans 44 jaar bestaan en jaarliks vir teologiese en algemeen-Christelike publikasies toegeken word.
Persverklaring | Die Afrikaanse Taalmonument: Wen R10 000 vir 'n monumentale logo!
2024-05-02Wen R10 000 vir 'n monumentale logo! En vertolk só geskiedkundige rol vir Taalmonument se 50ste. Soos Afrikaans self, is die monument ten nouste gewortel in die kontinent van Afrika, dus mag die inheemse kreatiwiteit vloei! Sperdatum is 31 Mei 2024.
Pasverskyn: Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square – ’n memoir
2024-05-02Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, 60 skilderye, 12 beelde en selfs sy gunstelingresepte.
Persverklaring: Sterre of stêre
2024-04-30Rachelle Greeff se slypskool vir voornemende skrywers vind weer binnekort plaas. Klik die skakel vir meer inligting.
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
2024-04-30Is jy in graad 5 en bekommer jy jou oor jou Afrikaans Huistaal-punte hierdie kwartaal? LitNet kan help. Laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei. Jou punte sal hoog vlieg en in een van die vraestelle is daar boonop wenke om jou eie vlieër te maak.
Uitnodiging: Afrikaans Amptelik 100 skop af op 8 Mei 2024
2024-04-30Die SA Akademie skop eersdaags die Afrikaans Amptelik 100-eeufees af saam met al die ander ondersteuners van hierdie inisiatief. Die Afrikaanse taal kom van vêr af en ons begin by die begin. Hein Willemse bied, op uitnodiging van die Taalkommissie, ’n virtuele lesing oor die geskiedenis van Afrikaans aan.
Uitnodiging: FilosofieKafee-gesprek – "Mens, wie is jy dan…"
2024-04-30In hierdie gesprek gaan Wilhelm Jordaan die reduksionistiese opvattings in die titel kortliks prakties (nie diep-filosofies nie!) bekyk en spekuleer oor ’n werkbare alternatief; ’n ander manier van wees. Daarmee saam kom belangrike, selfs opwindende, implikasies vir lewenswerklike dinge soos moraliteit en spiritualiteit.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Potchefstroom – Suid Afrika se belangrikste verkiesing sedert 1994 (gasspreker: André Duvenhage)
2024-04-29U word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Potchefstroom op Donderdag, 9 Mei 2024 om 17:00. Die byeenkoms word in hibriede formaat aangebied.
Oproep om referate – 8ste Kollokwium oor Afrikaans (Universiteit Gent): Horizons of political/poetical contestation – Suid-Afrikaanse interseksionele perspektiewe oor dissiplines en tale heen
2024-04-29Dien asseblief abstrakte/opsommings in vir referate van 20 minute in Afrikaans, Nederlands of Engels. Die opsommings moet ’n van maksimum 500 woorde wees en teen 30 April 2024 aan afrikaans@ugent.be gestuur word.
Invitation | Skrywersaand at Oude Leeskamer with Fiona Snyckers and Nick Clelland, 15 May 2024
2024-04-29The third event in the Skrywersaand series will feature the launch of two compelling thrillers: The hidden by Fiona Snyckers and Good Hope by Nick Clelland. Both novels are set in the near future, The hidden in the United States and Good Hope in an unsettling version of what readers would recognise as Cape Town. Jonathan Amid will lead the discussion, delving deeply into questions of genre, power, place and the politics of fear.
Persverklaring: Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed!
2024-04-29Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2024 ATKV-Woordveertjies is Maandag 3 Junie 2024.
