Nuut by Naledi: Uit die herberg van Alhambra, vertaal deur Bester Meyer

  • 1

In Bester Meyer se jongste bundel vertalings betrek hy drie van die wêreld se vernaamste digters, te wete die klassieke Khalil Gibran (Libië), die liriese dog revolusionêre Federico García Lorca (Spanje: Andalusië) en die enigmatiese Hebreeuse digter Yehuda Amichai (Israel). Elkeen eiesoortig, volledig geanker binne hul onderskeie tydsgewrigte, dog met ’n universele boodskap wat die mens se emosionele landskap karteer.

“Hierdie is waarskynlik die mees asembenemende, lywigste aanbod van vertaalde gedigte wat ooit tot publikasie gekom het in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde … Bester Meyer lewer hiermee ’n bloudruk tot die ervaring van ’n vername deel van die poëtiese tradisie in die Westerse kanon.” – Carl-Pierre Naudé

“Bester Meyer bring met hierdie [publikasie] vernuwing met sy vertaalpraktyk. As ’n eksponent van Walter Benjamin se vertaalpraktyk, volg hy ’n intuïtiewe en metafisiese vertaalstrategie, vry van die knellende keurslyf van vooropgestelde idees. Hierdie skeppende vertaalproses het ten doel om ’n suiwer vertaling in Afrikaans te lewer, getrou aan die brontaal.” – Nini Bennett-Moll

“Dit is asof Afrikaans vir die digkuns ontwerp is.” – Gerrit Komrij

“Met die lees van Meyer se omdigtings [in die publikasie] het dié gedurfde uitspraak telkens voor my opgedoem, want nog selde het Afrikaans só gesing soos in hierdie vertalings. Myns insiens is dit ’n onweerlegbare feit dat Uit die herberg van Alhambra ’n uiters belangrike toevoeging is tot ons letterkunde.” – Louis Esterhuizen

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top