Nuut by Naledi: Vlindervreter deur Melanie Grobler en Christiaan Diedericks

  • 0

Vlindervreter (2024) is ’n unieke digbundel deur die bekroonde drukgrafiese kunstenaar Christiaan Diedericks en die gevierde digter Melanie Grobler.

Hierdie bundel, wat Diedericks se digdebuut is, spruit uit hulle daaglikse uitruil van gedigte. Aretha du Rand prys die bundel vir sy indringende ondersoek na die menslike toestand, waarin temas soos verlies, dood, wanhoop en oorlog uitgebeeld word.

’n Kernaspek van die bundel is Diedericks se drukgrafika, wat ’n samespel tussen woord en beeld meebring. Dit sluit 21 kunswerke in, geïnspireer deur sadhoes, die Hindoe- asketiese figure, wat Diedericks in Indië gefotografeer het. Vlindervreter vertoon die verenigde visie en kreatiewe sinergie tussen Diedericks en Grobler, en bied ’n meervoudige blik op die menslike psige.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top