LitNet

LitNet

LitNet: Jou aanloop tot 29 Mei

LitNet Nuusbrief 2024-05-16

LitNet: Jou aanloop tot 29 Mei

Nuut by Protea Boekhuis: Die boomhuis met 91 vloere deur Andy Griffiths, geïllustreer deur Terry Denton

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-15

Andy en Terry se boomhuis brei net verder uit ... Kom tol saam in die wêreld se woesste draaikolk, vaar in ’n duikbootbroodjie, spoel uit op ’n woestyneiland, speel op ’n reusespinnerak (pas net op vir die reusespinnekop), loer in by madame Weet-alles, ’n fortuinverteller wat kamma alles weet, en besluit of jy die geheimsinnige, groot rooi knop gaan druk ... H’mm, is jy dapper genoeg? Wat sal gebeur? Vind uit!

Nuut by Protea Boekhuis: Omdat ek en jy deur Elsa Winckler – ’n omnibus

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-05-15

’n Omnibus met drie van Elsa Winckler se gewildste liefdesverhale wat voorheen afsonderlik verskyn het: Omdat jy jy is, Omdat jy my liefhet en Omdat ons saam is.

Graad 12: Wiskundevraestel 4 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-15

Is jy vanjaar in matriek en maak jy sommetjies oor hoeveel weke daar nog voorlê voordat die eindeksamen afskop? Laai eerder hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en span jou wiskundige berekeninge in om vir jou eksamen voor te berei. Die persentasie van jou Wiskundepunt sal styg en jou spanningsvlakke sal daal!

Graad 7: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-15

As jy in graad 7 is, weet jy teen hierdie tyd dat daar verskillende maniere is om mengsels van mekaar te skei. Die skeidingsproses op hierdie prent bied ’n leidraad ten opsigte van een van die metodes. As jy hierdie oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gratis in PDF-formaat aflaai, sal jy nog meer voorbeelde kan hersien. Jy kan solank die ketel vir ’n lekker koppie koffie vir jou ouers aanskakel. Hulle sal bly wees dat jou punte met behulp van hierdie oefenvraestel ook boonop hierdie kwartaal sal kook.

Persverklaring: Lux et Umbra deur die Vox Chamber Choir

LitNet Musiek 2024-05-15

Die bekroonde Vox Chamber Choir, onder leiding van die komponis-dirigent Franco Prinsloo, gaan koorliefhebbers bekoor met hul transendente konsert Lux et Umbra | Umbra et Lux (Lig en skadu | Skadu en lig), op Sondag, 9 Junie 2024 om 15:00 by die Nazareth House-kapel, Pretoria.

Fresh off the press: The city is mine by Niq Mhlongo

LitNet Books and writers 2024-05-14
Mangi and his fiancée, Aza, have been living together in Linden for the past eight years. One day while cleaning their bedroom, Mangi discovers Aza’s secret. The uncovering of Aza’s lie is the catalyst to the unravelling of their already tumultuous relationship. Mangi searches for meaning as he makes his way through the streets of Joburg in The city is mine
 

Press release: The Ingrid Jonker Prize for English poetry 2024 | Invitation to submit entries

LitNet Books and writers 2024-05-14

Poets or their publishers are invited to submit entries for the Ingrid Jonker Prize for English poetry in 2024. The closing date for submissions is 20 June 2024.

Press release: Endler Concert Series presents Voces Cordis, conducted by André van der Merwe | Endler Hall, 24 May 2024

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-05-14

The choir ensemble Voces Cordis comprises 75 talented and dedicated young adults from all over the Western Cape who share a passion for choral music and singing. Under the direction of the acclaimed choral conductor André van der Merwe, the choir will return to Stellenbosch for its first gala performance of 2024 on Friday, 24 May as part of the Endler Concert Series.

 

Uitnodiging | Lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie | 14 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-14

Dit het gebruiklik geword om in elke voorwoord van elke nuwe uitgawe van die AWS duidelik te maak wat die sienings en werkwyse van die Taalkommissies (TK) van elke uitgawe van die AWS was. In die tweede laaste lesing in die TK se eerste lesingreeks kom hierdie aspekte prakties aan bod. | Alle lesings vind virtueel plaas.

Persverklaring: KKNK 2024 se uitblinkers met Kannas bekroon

LitNet KKNK 2024-05-13

Uitnemende artistieke bydraes by vanjaar se KKNK, geborg deur Absa, is Donderdag 9 Mei met Kannas bekroon. Die KKNK se Kanna-pryse is tydens ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek oorhandig. Veteraanjoernalis Marianne Thamm was die aanbieder.

Uitnodiging: Weerskyn deur Alwyn Roux | Pretoria-boekbekendstelling, 16 Mei 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-13

Weerskyn deur Alwyn Roux: Protea Boekhuis en Aristata Boekwinkel Hatfield nooi u hartlik uit na die Pretoria-boekbekendstelling op 16 Mei 2024 by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Boekbekendstelling: Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé | The Book Lounge, 23 Mei 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-13

Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé word op Donderdag 23 Mei 2024 by The Book Lounge in Kaapstad vrygestel. Loftus Marais sal die gespreksleier wees.

 

Persverklaring: Die Louwhuis op Sutherland ontvang unieke versameling boeke

LitNet Boeke en skrywers 2024-05-10

Sutherland spog nie net met ’n wêreldberoemde sterrewag nie, maar ook met twee helder sterre aan die hemelruim van die Afrikaanse letterkunde. Die digtende broers NP Van Wyk Louw en WEG Louw het hulle eerste lewensjare in dié huis deurgebring. Anders as in die verlede sal dit ’n lewende museum wees wat ook as ’n gebruiksvriendelike sentrum sal dien vir navorsers en nuuskieriges oor die Afrikaanse digkuns.

Persverklaring: Oproep om referate – algemene simposium van die SA Akademie | Sperdatum 30 Junie 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-05-10

Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024 in Pretoria plaas en sal in ’n hibriede formaat aangebied word. Die tema vanjaar is: "Van isolasie na internasionalisering: Tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar".

Top