
NALN: Eie rigting deur Willie Spies in gesprek met Charles Smith
Kom kuier gerus saam!
Dié geleentheid word aangebied in samewerking met Naledi, die ATKV, Exclusive Books en die Vriende van NALN Vereniging.
Willie Spies skryf op Facebook: "Ek hoop werklik die boek word gekoop en gelees as my eie bydrae om rigting en hoop te vind te midde van die chaos en onsekerheid waarmee ons dikwels in ons mooi land en sub-kontinent gekonfronteer word."
"Willie Spies is 'n regspraktisyn, uitvoerende direkteur van 'n bekende Afrikaanse gemeenskapsradiostasie, oud-parlementslid en gesinsman. Hy het bekend geraak as prokureur wat gereeld in publieke belang regsaksies namens die burgerregtegroep, Afriforum, optree. Sedert 2011 lei hy ook deeltyds die gemeenskapsradiostasie Pretoria FM en in dié tyd het die stasie gegroei en ontwikkel tot 'n suksesvolle media-instelling wat meeding met kommersiële en openbare uitsaaiers. Hy skryf tweeweekliks rubrieke vir Beeld en Netwerk24 oor die dinge waaroor Suid-Afrikaners rondom braaivleisvure wonder." https://kragdag-gemeenskap.co.za/eie-rigting/
Ons verwelkom u graag op 22 Augustus 2024 om 18:00 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Ou Goewermentsgebou, h/v President Brandstraat en Charlotte Maxekestraat, Bloemfontein).
Eie rigting deur Willie Spies (Naledi, 2024)

