Nuut by Lapa: Vuil Ferdie: Tande! vertaal deur Jaco Jacobs
2024-07-09Lees saam aan hierdie splinternuwe verhaal van Vuil Ferdie. In die drie stories van die boek moet Ferdie ’n onbeplande uitstappie na die tandarts neem; probeer hy koel bly op een van die warmste dae van die jaar en veroorsaak Ferdie per ongeluk ’n noodgeval terwyl hy saam met sy paniebevange pa vlieg!
Nuut by Lapa: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn
2024-07-09Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe se lewe is so vars soos verlede jaar se brood. Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?
Pasverskyn: Droomjagter deur Leon van Nierop
2024-07-09Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke. Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm. Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.
Press release: Artscape steps up against gender-based violence at their 17th Women’s humanity festival
2024-07-08Artscape will also be inviting participants to play their part towards ending GBV by coming to Artscape at any time during the month of August to sign their #Step-Up for Change Pledge.
Persverklaring: Besonderse galakonsert wag by Klein Karoo Klassique
2024-07-08“Ek hou daarvan om konserte pret en toeganklik te maak en klassieke musiekliefhebbers moet beslis nie hierdie optrede misloop nie,” sê bekende musikant Richard Cock. Die Klein Karoo Klassique vind van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn plaas. Die feesprogram sluit ’n verskeidenheid van klassieke musiek, kuns, kos en wyn in.
Persverklaring: TV-benoemings vir kykNET Silwerskermtoekennings bekend
2024-07-05Vanjaar se televisie-benoemdes vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël die uitsonderlike talent en kreatiwiteit van die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap. Die toekennings, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas.
Persverklaring: In Julie is daar oorgenoeg kykstof op VIA
2024-07-05Van ’n miljoenrand-idee tot ’n langer en lekkerder kuier in Hier sit die manne, in Julie is daar oorgenoeg kykstof op VIA om jou vasgenael voor die TV te hou.
Persverklaring: Gratis Arabiese Afrikaanse werkswinkels in Kaapstad op 27 Julie 2024 | Press release: Free Arabic Afrikaans workshops in Cape Town on 27 July 2024
2024-07-05Om die herlewing van Arabiese Afrikaans te versterk bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Historium Trust en Cape Family Research Forum twee gratis werkswinkels oor hierdie unieke skryftradisie in Kaapstad aan. | To strengthen the revival of Arabic Afrikaans, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM), Historium Trust and Cape Family Research Forum are offering two free workshops about this unique writing tradition in Cape Town.
Nuut by Protea: Wat sê Bettina deur Bettina Wyngaard
2024-07-04Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: "My rubrieke is nie bedoel om net nog ’n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry."
Nuut by Naledi: Vrystaatstories deur Henning van Aswegen
2024-07-04Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Nuut by Naledi: Eie rigting deur Willie Spies
2024-07-04In ’n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie.
Pasverskyn: Jopie Fourie deur Albert Blake
2024-07-03Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd ’n emosionele en sensitiewe onderwerp in Afrikaner-geskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vir baie Afrikaners het sy dood hom tot onsterflike heldestatus verhef. Maar daar was nog nooit eenstemmigheid oor die Fourie-tragedie in Afrikaner-geledere nie, en die gebeure en ’n vertolking daarvan is maar nog ’n verhaal van verdeelde Afrikaner-lojaliteite en -beskouings.
Persverklaring: Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie kry pryse!
2024-07-02Die wenners van Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie, Janine Julies Phillipus en Susan Greeff Terblanche, ontvang boekpryse, geskenk deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Persverklaring: Vanaand op Een keer om die son
2024-07-02Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag. Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.
