
Die wêreldwye COVID-19-pandemie (2020–2021) het die vraag “Hoe weet ons wat die waarheid is?” opnuut na die oppervlak gedwing. Tydens die grendelperiode was daar uiteenlopende menings en hipoteses in omloop oor die oorsprong van die virus en hoe die siekte behandel behoort te word. In hierdie tyd skryf Barnard Beukman, redakteur van die oggendkoerant Beeld, ’n baie nugter artikel met die titel “Dink jou eie waarheid uit”. Hierin lê hy klem op rasionele denke en dat mense ag moet slaan op kundiges se standpunte. Elkeen kan nie maar net sy of haar eie waarheid uitdink en verkondig nie.
Hierdie artikel en die onderwerp wat dit bespreek, het die vonk voorsien vir die skryf van die boek Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid.
Daar is Christene wat ’n onderskeid tref tussen geloofswaarheid en wetenskaplike waarheid en dan argumenteer dat geloofstandpunte en -uitsprake nie aan rasionele ondersoek onderwerp kan word nie.
Sedert die ontstaan van die Christelike godsdiens het teoloë egter met rasionele denke en argumente die godsdiens verdedig en leerstellings geformuleer. Dit kan dus nie verkeerd wees om die waarheidsaansprake van die Christelike godsdiens rasioneel te beoordeel nie. Hierdie boek doen presies dít en vra gevolglik die kritiese vraag: “Kan ons alles presies só glo soos voorgeslagte dit geglo het?” Na vyftig jaar se betrokkenheid by die onderrig van Bybelkunde en die Teologie asook navorsing op hierdie terreine, gee die skrywer ’n eerlike en openhartige antwoord op hierdie vraag.


Kommentaar
Ek het voluit vir "my" Christus gelééf. My sosialisering se agtergrond was dat jy nie die bestaande orde kritiseer nie. My aanvanklike skolastiese opleiding was maar eina-eina. Late bloomer met disleksie. Ontkering op 74-jarige ouderdom.
Ongeveer twee jaar gelede is Peter Nagel van die kweekskool Stellenbosch daarvan weerhou om te mag preek, omdat hy die Godheid van Christus in twyfel getrek het. Met sy "herstel" later het die Kuratorium hom daarop gewys dat daar 'n belyning tussen akademiese en kerklike integriteit moet wees, wat "belyning" nou ook al mag beteken.
Wat ek wel weet, dis nie moontlik om die belydenis dat Jesus Here en God is, as dosent (akademies / wetenskaplike waarheid) en as gelowige (kerklik / geloofswaarheid) verskillend te sien, sonder om Christus se Godheid te verloën nie.
Soos ek verstaan het Sakkie Spangenberg lankal die Godheid van Christus vaarwel toegeroep. Die belydenis dat Jesus "My Here en my God" is soos Thomas bely het (Joh 20), kan nooit wetenskaplik bewys word nie. Jy glo dit en word gered van die ewige verlorenheid, of jy verwerp dit en gaan verlore.
Stefaan de Jager, ja-nee die boek sal nie akkordeer met jou nie. Ek sal egter lekker daaraan lees.
Een ryer pik nie 'n ander ryer se oog uit nie! ☺
PREDIKER 1:2-8 AFR53
Die Boodskap
Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son? Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan. En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan. Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug. Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer. Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.
FC. Die Bybel bevat klomp inligting. Die geheel het egter weinig samehang. En dan is dit ook die geval dat wat in die Bybel geskryf staan, en wat in moderne Christene se kerke en lewens aangaan, amper niks met mekaar uit te waai het nie. Christenskap het nie juis enige reëls nie. Elke sekte maak hulle eie interpretasies, reëls ens. Jehovas dink nie Jesus is God nie. Maar voel wel hulle is die ware Christene. Mormone dink Jesus is 'n God maar voel triniteit is verkeerd en Jesus is op sy eie 'n God, maar nie deel van 'n triniteit nie. Ook Mormone voel hulle is die ware Christene. Calviniste wil baba's besprinkel. Doppers soek nie vroue op die kansel of die kerkraad nie. Die SteeksHervormers glo apartheid is Bybels. Ook die APK stem saam. Baptise, AGS en Charismate verklaar bababesprinkel is vals, sondig en onbybels. Sommige Calviniste wil gays bless. Ander weer voel manne en vroue het sterk, spesifieke rolle en die huwelik mag slegs uit een man en een vrou bestaan. Ironies genoeg beteken dit dat hordes huwelike in die Bybel dus verkeerd is. Want poligamie was meer die norm daai jare. Een man en sy haarem.
Prediker is net nog 'n boek wat die Christendom weerspreek. Die geloofsbelydenisse verklaar Jesus tot die enigste troos in lewe en dood en Jesus gee dus sin aan die Christen se lewe. Die Christen is dus oortuig dat niks tevergeefs is nie want eendag sal hulle herenig met Jesus.
Die Barend-jafel (met sy baie verkleurmannetjiegeite) is net maar nog een van die baie heidene wat die Bybel as waar bewys, en hy besef dit nie eens nie.
Gaan so voort verlore siel!
Beste Barend
Wat die deel uit Prediker met die Christendom te doen? Dit is geskryf omtrent 900 jaar voor die koms van Christus. Prediker kom hier tot die gevolgtrekking dat al die slimighede van die mens op niks uitloop nie.
Die kern van die saak is nie die dinge waarna jy verwys nie, want dit bestaan reeds in Christus se lewe maar wel:
"Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God." Daar staan tog geskrywe: "Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak."
Ek is seker jy is goed vertroud met die begrip appropriasie. Daar word gereken daar bestaan tussen 30 000 en 45 000 Christelike sektes (ook bekend as denominasies) op aarde. Niemand weet wat die presiese getal is nie, maar dis BAIE en die getal bly ook immer swel. Een van die min dinge wat al die duisende sektes almal in gemeen het, is die Bybel. Hulle lees almal die Bybel. Welliswaar nie dieselfde Bybels nie nee, verskillende sektes het hulle eie gekose weergawes van die Bybel, om te pas by hulle spesifieke voorkeure en interpretasies en hulle 'waarhede' en sommige selfs met hulle eie keur van Bybelse boeke wat hulle verkies. Die groot ironie van dit als bly egter, daar is nie 'n enkele woord wat in die Bybel staan, wat deur enige Christen geskryf was nie. Dit is onder meer hoekom jy nie die konsep God-drie-enig in enige een van die 66 Bybelse boeke sal aantref nie. 'n Mens sou reken dat Jesus, daar tydens die bergpredikasie, darem ook sou tyd maak om mense te vertel van die triniteit, van die erfsondes en die soenoffer wat op pad is... toe nou nie...
My eie klein deeltjie aan die sirkussie: Ek het in die NG kerk grootgeword. Wat afgeskeur het van die Katolieke en die ander Protestante, wat toe verder opgeskeur het in witmenskerke, swartmenskerke, Indierkerke, en bruinmenskerke, asook in ander Boerkanerkerke soos die Doppers en die Hervormers, en toe ek twee jaar oud was, verder geskeur het en so het die AP kerk ontstaan, en wat vandag steeds lustig verder voortskeur, doleer en dies meer.
Dit is onder meer hoekom jy nie die konsep God-drie-enig in enige een van die 66 Bybelse boeke sal aantref nie. 'n Mens sou reken dat Jesus, daar tydens die bergpredikasie, darem ook sou tyd maak om mense te vertel van die triniteit, van die erfsondes en die soenoffer wat op pad is... toe nou nie...
So skryf Barend.
Sondes is nie erfgoed nie. Jy kan wel aan die gevolge van jou ouers se oortredings ly.
Nou wat sê Jesus:
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” MATT 28:19.
Ek weet nie regtig wat presies jy probeer se nie. Mens kan gewoonlik nie eintlik juis sinvol met Christene oor die dinge gesels nie, want die meeste is so arrogant dat dit geen doel dien nie, en vryf dieselfde ou storie in jou gesig. Dit is nietemin algemene kennis dat teksgedeeltes soos onder meer Markus 16: 9 - 20, Matteus 28: 9 - 20, Lukas 24: 1 - 53 en nog verskeie ander later bygevoeg was deur Paulus se volgelinge. Dis nou benewens die feit dat selfs in die teksvers wat jy aanhaal, daar steeds geen enkele keer die woord triniteit genoem word nie. En weereens, mens sou dink, as dit so belangrik was, sou Jesus dit vir die massas geleer het op die berg? En toe die kerk later die triniteitsleer ontwikkel het, was daar weer eindelose lang debatte vir dekades oor hoe presies die triniteit aanmekaar sit. Die probleem was juis die feit dat triniteit nerens in die Bybel voorkom nie. Dis 100 % deur die latere kerk geskonseptualiseer. Ons was wel goed afgerig om die triniteit in teksverse in te lees, soos onder meer in Genesis, waar vertel word hoe God se gees oor die waters sweef. Wat natuurlik absoluut niks met enige Heilige Gees te make gehet nie. In die storie verwys dit na God se krag. Dit was alles maar net nog leuens van die kerk. Jy het sekerlik al gehoor van Jehovas en Mormone, wat ook nie die triniteitsleer aanvaar nie. Ek herhaal: Christene het nie 'n enkele woord in die Bybel geskryf nie. Dit is tog algemene kennis vandag.
My geloof is deel van my erfenis (24/09/24):
Vir ons as gematigde gebalanseerde christengelowiges is die Bybel duidelik oor die Drie-eenheid, dis tog op baie plekke aangeteken en is dit nie nodig om almal op te noem nie.
Kortliks dan:
Heel aan die begin praat God van ‘Ons’. Gen 1:26 – daar dui dit alreeds op meer as een Persoon.
In Matt 3:17 lees ons dat God sê “Dit is my geliefde Seun”.
Ons lees dat die Heilige Gees soos ‘n duif op Christus neerdaal (v 16). Hier is aldrie Persone afsonderlik hoor-en sigbaar.
Dit gaan ons menslike verstand ver te bowe maar ons glo dat;
Die Vader is ons Skepper deur sy krag; die Seun is ons Saligmaker en Verlosser; die Heilige Gees is ons Heiligmaker deurdat Hy in ons woon – Joh 14:16,17.
In Joh 11:30 sê Hy “Ek en die Vader is Een”.
Christus leef in ons, sien Kol 1:15,19.
Christus het teruggegaan na sy Vader maar Sy teenwoordigheid is in ons soos vergestalt in die Heilige Gees, Kol 1 :27.
Christus se opdrag is “doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees”, Mat 28: 19.
Die Drie-eenheid word sedert die apostels se tyd in die ware kerk al vir 2000 jaar gehandhaaf te midde van erge ontkennings en verdagmakery deur valse christene, sien Ef. 4: 14 en 18, en ook deur vele filosowe en ander menslike (geloofs ) instellings.
En soos ons lees; vir diegene wat nie die Bybel aanvaar nie is al hierdie dwaasheid, 1Kor 1:23.
'n Mens kan enige ding, net wat jy wil, en wat jou hart begeer, in die ou Bybel inlees. Dit is hoekom daar 40 000 verskillende sektes is. En hoekom die NG kerk apartheid teologies uit die Bybel beredeneer het. Dis baie duidelik dat Christene nie 'n lewende, liefdevolle god aanbid nie. Hulle aambid 'n boek, waarvan elkeen sy eie interpretasie ook het.
"Hulle aanbid 'n boek, waarvan elkeen sy eie interpretasie ook het."So skryf Barend.
Nee, Barend dis nie 'n enkel boek nie, maar 'n versameling boeke geskryf oor 'n lang tydperk en teen verskillende historiese agtergronde.
Vanoggend (30/09/24) was prof Sakkie (tans in die VSA) oor RSG (Op en Wakker) op die agtervoet tydens in ‘n onderhoud met hom oor hierdie boek. ‘n Ander prof was aangehaal dat diè op ’n mediaforum gesê het dat Sakkie gebruik maak van verouderde insigte. Hy koes toe deur te sê dat daardie ander prof gedeeltes van sy boek ge-“vluglees” het, dus dit nie mooi begryp nie.
Nou toe nou.
Bra power van die skrywer, sou ek sê.
Nee wat. Ek was ook ingetjoen en my en andere se ervaring was anders. Christina Landman het nogal 'n geneigdneid om boeke nie deeglik deur te lees nie, en dan haar opinie daaroor te gee. So was dit ook die geval met die boek "Die slegte nuus van die evangelie" van Johan Retief. Iemand het toe ook gegaan en weer gaan kyk na Spangenberg se bronnelys, en bevind dat die meerderheid van sy bronne is gedateer tussen 2000 en 2023. Maar raai gerus wie is die meeste verknog aan 'n horingoue voorwetenskaplike boek vir hulle idees oor die lewe? Ek vra maar net...
'n Mens is maar so bietjie teleurgesteld dat Landman, wat in vele opsigte baie oopkop voorkom, soos ten opsigte van bv. gayverhoudinge, vroue op die kerkraad ens, tog gladnie daardie oopkop benadering ook handhaaf ten opsigte van kritiek teen die Bybel en die kerk se valse leerstellinge nie.
Dit was ook baie duidelik dat die omroepers besig was met 'n eierdans en nie werklik lekker tot die kern van die saak wou uitkom nie. Wil skynbaar nie hulle luisteraars omkrap nie.