Persverklaring: Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024
2024-07-22Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum. Ingrid Jonker is die digter wat postuum gehuldig gaan word.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: Selah | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: Selah
2024-07-19Die veelbekroonde regisseur en vervaardiger, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), bring met Selah ’n ingetoë, ontstellende verkenning van postnatale depressie (PND) na die Silwerskermfees. Brett het meer van die kortprent vertel. | From the award-winning director and producer, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), comes Selah, a contained and disturbing exploration of postnatal depression (PND). Brett shared more about the film.
Wiskunde met LitNet-video, graad 9: Faktorisering mbt gemene faktore
2024-07-19Is jy in graad 9 en wil jy faktorising mbt gemene faktore beter verstaan? Hierdie YouTube-video deur Lee-Anne Langeveld gaan jou help verstaan dat gemene faktore nie noodwendig slegte maniere het nie. Gemene faktore kan baie gaaf wees as jy hulle verstaan – en jou uitslae kan ook gaaf wees. Daar is nog ander video's op LitNet se YouTube-kanaal wat jy kan kyk om jou Wiskundepunte hierdie kwartaal te verbeter.
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: Vermenigvuldiging en deling van breuke (2)
2024-07-19Is jy in graad 8 en klink resiprook vir jou soos ’n spook? Jy hoef nie afgeskrik te wees nie, want Lee-Ann Langeveld se volgende Wiskundevideo gaan jou help om breuke se vermeningvuldiging en deling nog beter te verstaan. (As resiprook vir jou dieselfde as spook beteken, verwys LitNet jou ook graag na ons Afrikaans-vraestelle wat gereeld bygevoeg word by ons vraestelle-afdeling.)
Persverklaring: Dié skrywers het die 2024 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel gehaal
2024-07-19Twee-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die negende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit pennevrugte in van gedugte skrywers soos Frederik de Jager, die bekroonde joernalis Murray La Vita, en Daneel Jantjies wat laasjaar gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool.
New from Tafelberg: The great Johannesburg. What happened? How to save an African economic giant by Nickolaus Bauer
2024-07-18The city of gold is in a death spiral. Award-winning journalist, inner-city activist, and municipal civil servant Nickolaus Bauer takes a deep dive into how Africa’s economic hub has reached the brink of collapse and what it will take to rescue Joburg. For local and international readers interested in tracking the collapse and possible resurrection of one of Africa’s greatest cities.
Nuut by Tafelberg: Die geskenk. Liefde, selfdood en dieper leef deur Riette Rust
2024-07-18Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontstellende, diep menslike en soms selfs skreeusnaakse memoires. Die boek is nie net ’n meesleurende ware verhaal nie, maar sal ook van groot waarde wees vir elkeen wat deur selfdood geraak is of rou moes verwerk.
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam
2024-07-18RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.
Persverklaring: "Wie en wat word in 2025 gevier?" vra Taalmonument
2024-07-18’n Taalgesprek in taalmaand oor taaljaar: Op die vooraand van die 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal in Suid-Afrika, nooi die Afrikaanse Taalmuseum en-monument belangstellendes na ’n insiggewende taaldagbespreking op Vrydag, 16 Augustus 2024. Die interaktiewe, lewendige gesprek by die monument op Paarlberg sal boonop met ’n heerlike aansitete, ook gratis, afgerond word waartydens nog idees kuier-kuier uitgeruil kan word.
Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2024
2024-07-17Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde.
Persverklaring: Een keer om die son se talentvolle jongspan
2024-07-16Een keer om die son spog met heelwat jonger akteurs – sommige het reeds hulle merk gemaak, ander is besig om stadig maar seker bekendheid te verwerf. Een keer om die son wys op Dinsdagaande om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.
Wiskunde met LitNet-video, graad 8: vermenigvuldiging en deling van breuke (1)
2024-07-16In hierdie gratis Wiskunde-video gee Lee-Ann Langeveld raad vir graad 8-leerders oor vermenigvuldiging en deling van breuke.
Pasverskyn: Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach
2024-07-16Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander. Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood ’n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem ’n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer. Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: In die verloop van | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: In die verloop van
2024-07-15’n Groot verlies en die impak daarvan op twee mense se verhouding, is die spilpunt waarom Emma Kotze en Philip Rademeyer se kortfliek, In die verloop van, wentel. Hulle het ’n paar vrae oor die fliek beantwoord. | The impact of a terrible loss on the relationship between two people is the theme of In die verloop van, a short film by Emma Kotze and Philip Rademeyer. They answered some questions about the film.
