Persverklaring: Net een kans om Ruhan du Toit by Aardklop te sien!
2024-08-05Die gehoor kan uitsien na Ruhan du Toit se vieroktaafstem en uitgebreide repertoire – waaronder sy roerende weergawe van Simon & Garfunkel se "The sound of silence", asook sy eie "Monumentaal" en "Shivers" wat hy oor die laaste 30 jaar opgebou het. Die vertoning vind op 28 September plaas – onthou, hy tree net een keer op by vanjaar se Aardklop, maak dus seker jy’s daar!
Persverklaring: Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse vir 2024 bekend
2024-08-04Die kykNET-Rapportpryse, wat saam R1 miljoen beloop, bestaan uit vier boekpryse en twee resensiepryse, en word jaarliks toegeken vir Afrikaanse werk wat in die vorige kalenderjaar verskyn het. Die vier boekpryse is die kykNET-Rapportprys vir fiksie (romans), niefiksie en film onderskeidelik, en die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede prosawerke.
Uitnodiging: Palimpses, ’n groepuitstalling in Wellington | 4 Augustus tot 9 September
2024-08-02Palimpses is ’n splinternuwe multimedia- en driedimensionele groepuitstalling waar woord, spesifiek digkuns, en beeld in gesprek tree. Dié uitstalling deur digters en skilders open op Sondag 4 Augustus in die Breytenbach Galery op Wellington en kan tot Maandag 9 September besigtig word.
Graad 5: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal
2024-08-02Is jy in graad 5? Dan weet jy seker al daar is orals stukkies en blokkies van ’n geheel om ons. Jy kan ’n gratis oefenvraestel en memorandum oor breuke deur Wilhelm du Toit hier aflaai om jou breuke vir Wiskunde hierdie kwartaal te oefen. Dan kry jy sommer volpunte en nie net ’n fraksie van die punte nie!
Graad 4: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal
2024-08-02Is jy in graad 4 en skryf julle hierdie kwartaal toets oor breuke? As jy hierdie gratis oefentoets deur Wilhelm du Toit aflaai en daarvoor oefen, gaan jy nie verder jou kop oor hierdie afdeling van die werk hoef te breek nie.
First sip: One pot cookbook for South Africans by Louisa Holst
2024-08-01One pot is for anyone looking for quick-and-easy family supper solutions using economical, local ingredients. The book is ideal for busy people, families and young adults, as well as for weeknight meals and camping trips and has everything from cooking tips, soups, stir-fries, pasta and rice dishes, to batch cooking and sweet treats. Read a selection of recipes here.
LitNet: Godsdiens, kuns en die Olimpiese Spele
2024-08-01LitNet: Godsdiens, kuns en die Olimpiese Spele
Nuut by Lapa: Oor jou dooie liggaam deur François Bloemhof
2024-08-01Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime. Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak ... as lyke. Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag. Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?
Pasverskyn: Seun deur Dana Snyman
2024-07-31Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.
Press release: The Caine Prize for African Writing announces 2024 shortlist
2024-07-31The Caine Prize for African Writing, an esteemed annual award honouring outstanding African writers, is pleased to announce the shortlist for the 2024 edition. The five shortlisted stories were carefully selected from a pool of 320 entries originating from 28 African countries.
Persverklaring: Endler-konsertreeks maak propvol tweede seisoen bekend | 2 Augustus tot 7 Desember 2024
2024-07-30Die seisoen skop af met ’n opwindende en besige naweek, met optredes deur die SAMA-genomineerde Juliet-strykkwartet (2 Aug), en die wêreldberoemde US Koor (3 Aug). Die Musiek-departement geniet ook ’n mylpaal wanneer die US Kamerkoor sy tiende bestaansjaar vier met ’n spesiale optrede by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow op Sondag 4 Augustus onder leiding van Lunathi Ncamani en Martin Berger.
Graad 9: Wiskunde – produkte en faktore, toets en memorandum
2024-07-29As jy in graad 9 is, weet jy dat produkte nie net items is wat jy aanlyn kan bestel nie. Indien jy hierdie gratis oefenvraestel met voorbeeldsomme van Wiskundige produkte en faktore deur Lee-Ann Langeveld uitwerk, kan jy jou wiskundepunte verbeter. Kort voor lank sal jy keuring vir ’n studierigting kry en dan kan jy na hartelus op eie koste produkte bestel waarvoor jy self kan betaal!
Press release: LAMTA’s A streetcar named Desire for Theatre on the Bay from 14 August 2024
2024-07-29Luitingh Alexander Musical Theatre Academy (LAMTA) announces A streetcar named Desire, Tennessee Williams’s electrifying drama directed by the renowned Chris Weare and starring guest artist Emily Child as Blanche DuBois. The production opens at Theatre on the Bay on 14 August 2024 for a ten-day season.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach | 3 Augustus, Stellenbosch
2024-07-29Willem Anker sal in gesprek wees met Ingrid Winterbach by die bekendstelling van Onrus op Steynshoop op Saterdag 3 Augustus om 11:00 by die Stellenbosch Biblioteek in Pleinstraat, Stellenbosch.
Book launch invitation: What’s wrong with June? by Qarnita Loxton on 1 August at Wordsworth Books, Stellenbosch
2024-07-29You are invited to the book launch of What’s wrong with June? by Qarnita Loxton. Eva Mazza will be in conversation with Qarnita Loxton on 1 August, Wordsworth Books, Stellenbosch Square at 18:00 for 18:30.
