LitNet

LitNet

Graad 7: Natuurwetenskappevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-20

As jy in graad 7 is en sommer net voor die kaggel wil sit en niks doen nie, gaan hierdie gratis oefentoets deur Rita Engelbrecht jou help om energie bymekaar te skraap en vir jou toetsreeks voor te berei. Van energie gepraat: Dit is waaroor hierdie toets handel. As jy nie ’n kaggel by jou huis het nie, sal jou vuurwarm toetsuitslae die laaste winterkoue verdryf! 

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, faktoriseer ’n kwadratiese drieterm

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-19

As jy in graad 9 is en eerder ’n video wil kyk as om Wiskunde te doen, kan jy naderskuif. In hierdie video sal Lee-Ann Langeveld vir jou verduidelik hoe om ’n kwadratiese drieterm te faktoriseer. Jy kan nou ’n video kyk en met 'n skoon gewete vir jou ouers sê jy het Wiskunde gedoen.

Persverklaring: Vier Ingrid Jonker "saamsaam" by vanjaar se Tuin van Digters-fees op 13 en 14 September in Wellington

LitNet Feeste 2024-08-16

Die 13de Tuin van Digters-digfees vind op Vrydag 13 en Saterdag 14 September by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Lees hier meer oor die feesprogram.

LitNet: Ek en jy bestaan nie

LitNet Nuusbrief 2024-08-15

LitNet: Ek en jy bestaan nie

Nuut by Tafelberg: Seun deur Dana Snyman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-15

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. 

Nuut by Human & Rousseau: Bessie se hangkasbiblioteek deur Madelein Rust

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-15

Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem, op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom kuier. Wanneer die veertienjarige Annatjie de Villiers weer een Sondag ná kerk langs die treinspoor staan en flikkers gooi vir al wat ’n treindrywer is, besluit Bessie om die tiener onder haar vlerk te neem. 

New from Pan Macmillan: The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-15

When an unusual building appeared overnight in a remote northern Cape community in the 1970s, and disappeared a few weeks later, it seemed to point to a series of baffling existential overlaps. When a small-town journalist reported on the events, his quiet life became cruelly disrupted by unwanted attention. The equality of shadows is a compelling novel – in some places uproariously funny, in others filled with deep pathos – about the vagaries of identity, love and time.

Persverklaring: Lewensbydrae-toekennings vir drie legendes by Silwerskermfees

LitNet kykNET Portaal 2024-08-14

Twee het naam gemaak voor die kamera en die ander agter die skerms en vanjaar word hierdie TV-legendes by die Silwerskermfees vir hulle lewensbydrae vereer. Hans Strydom van Binnelanders, Denise Newman van Suidooster en die vervaardiger Roberta Durrant word tydens die Silwerskermtoekennigs vereer.

Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag vir die twintigste keer gevier

LitNet ATKV-Portaal 2024-08-14

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.

Persverklaring: Nuwe hoof- uitvoerende beampte vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-08-13

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met genoeë aan dat Annelise de Vries vanaf 1 November 2024 die pos van hoof- uitvoerende beampte van die SAAWK sal beklee.

Pasverskyn: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn

LitNet Boeke en skrywers 2024-08-13

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe se lewe is so vars soos verlede jaar se brood. Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

Persverklaring: Irene-Louise van Wyk laat jou "Reguit dans"

LitNet Musiek 2024-08-13

Irene-Louise van Wyk gaan jou weer op die dansvloer laat boer. Haar nuutste enkelsnit, “Reguit dans”, dans lekker en is nogal romanties. Luister dit hier.

Persverklaring: "Blue tick" – Refentse is terug met nuwe musiek!

LitNet Musiek 2024-08-13

Hierdie nuwe vars enkelsnit vertel die storie wat baie mense redelik goed ken – wanneer jy iemand vir eers op "read" los omdat jy nog nie weet hoe om jou liefde aan hulle te verklaar nie, of dalk te bang is om te sê hoe jy regtig voel. Luister die enkelsnit hier.

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: faktorisering mbt verskil in vierkante

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-13

Faktorisering en verskille in vierkante – wat beteken dit? As jy in graad 9 is en nie weet hoe om dit uit te werk nie, sal Lee-Ann Langeveld se verduidelikingsvideo jou kan help.

Persverklaring: In die skeppende oomblik – Paul Alberts se portrette van kunstenaars te sien in Hermanus en Wellington

LitNet Kuns 2024-08-13

Die fotograaf Paul Alberts wat in November 2010 oorlede is, word gehuldig in ’n unieke tentoonstelling van sy kunstenaarsportrette wat vanjaar by verskeie kunsfeeste gewys word. Paul Alberts – In die skeppende oomblik is eersdaags by die FynArts-kunstefees in Hermanus te sien en reis daarna na Wellington vir die Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum.

Top