Persverklaring: Geniet meer as ’n "klein bietjie" van Tamlyn Wessels!

  • 0

Tamlyn Wessels het ’n siekte wat haar verlam gelaat het (Guillain Barré-sindroom) oorwin en jaag nou haar musiekdrome na. Sy span kragte saam met Select Musiek en is opgewonde om haar enkelsnit “Klein bietjie” bekend te stel.

“Klein bietjie” gaan oor twee mense wat mekaar vir die eerste keer by ’n dansvloer sien en te skaam is om mekaar te vra om te dans. Uiteindelik besluit die meisie sy het lank genoeg gewag vir die ou om haar te vra vir ’n dans en gaan vra hom self. Maar sy het dalk nog ’n klein bietjie wyn nodig om braaf te genoeg te wees.

“Ek dink die liedjie bring iets nuuts in die sokkie-genre omdat dit die meisies aanmoedig om dinge in hul eie hande te neem en braaf genoeg te wees om soms ook seuns te vra om te dans. Ek is beslis ’n kansvatter, so die liedjie pas goed by my persoonlikheid,” vertel Tamlyn.

Hierdie jong, moderne pop-country-liedjie is geskryf deur Tamlyn en Emil Paul. Die liedjie is vervaardig deur Rian Swanepoel van RS Studios en perfek vir die dansvloer.

“Klein bietjie” leen ook die koor van Anton Goosen se bekende treffer “Klein bietjie wyn”, wat dié liedjie van die begin af bekend laat voel.

Klik hier om “Klein bietjie” op die platform van jou keuse te luister.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top