Persverklaring: Diana Ferrus-prys

  • 6

Vanjaar is daar ’n splinternuwe poësieprys op straat. En dis vir jou. Om jou stem dik te maak in jou ma se Afrikaans, jóú Afrikaans, jóú dialek en streekstaal. Die taal waarmee jy grootgeword het met sy djy en djou, die klik van die Nama en Khoi, die sabela, die opperste en die nuutgeskepte.

Die prys soek die taal van élke tong. Waarvoor wag jy? Skryf in. In jou ma se Afrikaans.

Vir die inskrywingsvorm en meer inligting besoek: https://tinyurl.com/Diana-Ferrus-prys

Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae in jou ma se Afrikaans, jou Afrikaans, jou dialek en streekstaal en beoog om verskillende streekstale, oder andere, Nama-Afrikaans, Khoi-Afrikaans, Kaaps en ander dialekte te bevorder.

Die beoordelaars vanjaar is Churchil Naudé, Hakkiesdraad Hartman, Ryan Pedro en Shirmoney Rhode.

  • 6

Kommentaar

  • Lezettevan Jaarsveld

    Ek het Ferus Saterdag by Tuin van digters beleef, en vele ander digters. Dit was so uiters uit die hart, volgens my hart ervaring. Passie! Passie vir die taal, uniek en eiesoortig!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top