Pasverskyn: Bloedsomer deur Sidney Gilroy
2024-03-26Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Vroeg in Desember word die oorskot van twee jong vroue ontdek en oornag bevind sy haar as die hoofondersoeker in ’n raaiselagtige moordsaak.
Press release: Second Amazwi conference on children’s literature, a call for papers
2024-03-26Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference that explores all aspects of children’s literature, from picture books to young adult fiction.
Persverklaring: Kortlys vir die 2023-Jeugboekpryse aangekondig
2024-03-26Altesaam 104 manuskripte – talle deur debuutskrywers – is ingeskryf vir die kompetisie, wat die ontwikkeling van gehalteleesstof vir lesers ten doel het.
Persverklaring: Skrywers, nuusmakers en nuusaandraers by Jakes Gerwel-gesprekke op Suidoosterfees
2024-03-26Die 21ste Suidoosterfees vind vanjaar van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad se Artscape-teatersentrum plaas. Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gespreksreeks gesels oor boeke en aktuele sake.
Persverklaring: Inskrywings nou oop vir nasionale Sanlam WOW Spelfees
2024-03-25Inskrywings vir die 2024 Sanlam WOW Spelfees is nou oop vir skole en individuele leerlinge in elke uithoek van die land. Dit word in ál nege provinsies aangebied. Leerlinge van enige taalvlak in drie van die land se ampstale – Afrikaans, Engels en Xhosa – word genooi om in dié taalkategorieë deel te neem: Afrikaans van graad 1 tot 10; Engels van graad 5 tot 9; Xhosa van graad 6 tot 8.
Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse bekend
2024-03-25Vanjaar is dit die eerste jaar in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf bekendgemaak word. Die vier kortlyste vir vanjaar se boekpryse is pas bekendgemaak.
Uitnodiging: Boekbekendstelling (18 April by NALN in Bloemfontein)
2024-03-25Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Spiesjagter deur Jurie J Wessels op 18 April by NALN in Bloemfontein.
Press release: AVBOB Poetry – Melissa Sussens’s tips for “finding the spark”
2024-03-25Melissa Sussens is a poet dedicated to opening up and maintaining inclusive spaces for poets everywhere. Melissa has shared three exercises that help her to find her own creative spark (and kindle it in others).
Uitnodiging: Boekbekendstelling (3 April om 17:30)
2024-03-25Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Triomfmars en treurlied op 3 April in Pretoria.
Press release: Joburg Ballet’s exhilarating Scarcity heads for the KKNK
2024-03-25It’s time for new adventures for Joburg Ballet as the company gears up for its first ever appearance at the KKNK in Oudtshoorn on 27 and 28 March. The stimulating trio of dance works Joburg Ballet is presenting at the KKNK showcases an impressive line-up of choreographers: South Africa’s Dada Masilo, Chinese-German choreographer Hannah Ma and the Netherlands-based Spanish choreographer Jorge Pérez Martínez.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Potchefstroom (4 April 2024) | Invitation: Academic Community Potchefstroom (4 April 2024)
2024-03-22Hiermee word u en u gade/metgesel en gaste vriendelik uitgenooi na die volgende byeenkoms van die Werkgemeenskap Potchefstroom. | You and your guests are cordially invited to the next meeting of the Potchefstroom Academic Community.
Netwerk24 se Om te skryf-kompetisiewenners op LitNet
2024-03-20In die komende weke publiseer LitNet ’n aantal kortverhale. Hier is die agtergrond en skakels na die verhale wat reeds verskyn het.
Pasverskyn: Kinderlê deur Lynthia Julius
2024-03-20In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek die huidige sosiopolitiek. Sy verruim Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-hersieningsvraestel (begrip, taal en opsomming), eerste kwartaal
2024-03-19Is jy in graad 9 en voel jy soms of jy van jou toets- of eksamenwerk soveel weet soos die man in die maan? Jy hoef nie langer vir die maan te blaf nie. Hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans gaan jou na die sterre laat reik.
