Nuut by Naledi: Eie rigting deur Willie Spies

  • 0

In ’n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie. Dan raak eierigting nodig.

Willie Spies skryf sedert 2016 – die jaar van Fees Must Fall in Suid-Afrika en die verkiesing van Donald Trump in die VSA – rubrieke vir Beeld en Netwerk24.

Die rubrieke ontgin die stand van die makro-omgewing van verval van die staat waarin Suid-Afrikaners hulle bevind gedurende die jare van staatskaping, die einde van die Zuma-bewind, die EFF, die einde van Afrikaans in die universiteitswese, die era van Rama-forie, die COVID-pandemie en gepaardgaande wêreldgebeure in historiese konteks. Dit keer telkens terug na die mikrowerklikheid van eie menswees, geloof, hartseer, eensaamheid, verlies, ouer word en vergifnis. Dit ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind en leemtes vul wat die staat ooplaat.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top