
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.
Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is geskik vir kinders van 8 tot 80 jaar.
Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie; om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.
Selfs die kleinste diertjies in die stories soos “Mys die muis”, “Spinne Spinnekop” en “’n Dowe paddatjie” word met respek en empatie behandel.
In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!

