Persverklaring: Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie kry pryse!

  • 0

Foto: verskaf

Die wenners van Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie, Janine Julies Phillipus en Susan Greeff Terblanche, ontvang boekpryse, geskenk deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns. Skrywer Isabel Murray en digter Andries de Beer het ook elk van hul boeke geskenk vir die kompetisie.

Susan Greeff Terblanche het gesê sy is baie opgewonde toe sy die nuus hoor. “Ek is so opgewonde!” Haar familie sê hulle is baie trots en het geen twyfel gehad nie, sy is baie goed. Janine Julies Phillipus het die goeie nuus verwelkom. “Dis nou baie goeie nuus.” Janine was in die hospital die week voor sy die nuus kry en sê dit het haar baie beter laat voel. Janine is ’n sjef in Oudshoorn, maar is oorspronklik van Wellington. Die Wenners se gedigte gaan in Heritage Travel Magazine publiseer word. Die beoordelaars was Hendry Kortjie, Andries de Beer en Jamile en Stef De Koker, stigters van die gedigkompetisie en Heritage Travel Magazine.

Van links na regs; Susan Greeff Terblanche, een van die wenners by die 21ste Suidoosterfees in die Heritage Travel Magazine: Mondig-produksie. Met die stigters Stef de Koker en Jamile de Koker. Foto: verskaf

Om ’n uitgawe van Heritage travel Magazine te koop skakel info@heritagetravelmagazine.com of 0794311494.

Besoek www.heritagetravelmagazine.wordpress.com om op hoogte te bly van Heritage Travel nuus en vermaak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top