Titel: Jopie Fourie
Skrywer: Albert Blake
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485315315
Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd ’n emosionele en sensitiewe onderwerp in Afrikaner-geskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vir baie Afrikaners het sy dood hom tot onsterflike heldestatus verhef. Maar daar was nog nooit eenstemmigheid oor die Fourie-tragedie in Afrikaner-geledere nie, en die gebeure en ’n vertolking daarvan is maar nog ’n verhaal van verdeelde Afrikaner-lojaliteite en -beskouings.
Blake se werk ... huiwer nie om op ideologiese tone te trap nie. En, bygesê, vir die oningeligte leser wat maar vaagweg van Jopie Fourie weet of nog glad nie van hom verneem het nie, sal hierdie werk nuwe insigte bring. Dit moet (en sal na my mening) help om die glans of die modder af te skraap wat oor jare oor Jopie Fourie opgebou is. – Fransjohan Pretorius
Hierdie publikasie oor die omstrede Jopie Fourie lewer ’n waardevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse historiografie; in besonder die geskiedskrywing ten opsigte van die Afrikanerrebellie van 1914–1915. Suid-Afrikaners van alle kultuurgroepe moet rekenskap gee van hul gedeelde verlede, en hierdie boek verdien om wyd gelees en bespreek te word. Dit sal beslis debat stimuleer. – André Wessels

