
Links: Triumph of sound met Lynelle Kenned. Regs: Little Maestros met Magdalene Minnaar. Foto’s: verskaf
Van ’n spesiaal saamgestelde kamerorkes en immergewilde koor, tot kwartette, trio’s, duette en hope ander musikale verrassings: Dít alles en meer wag op liefhebbers van klassieke musiek, kuns, kos en wyn by die 15de Klein Karoo Klassique, wat van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn aangebied word.
Hierdie winterfees word aangebied deur die KKNKmoontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en die ATKV, met ondersteuning van Le Lude en die Oudtshoorn Munisipaliteit.
Steinway-pianis Charl du Plessis is vanjaar die gasheer by Klassique en tree na afloop van uitgesoekte uitvoerings in gesprek met kunstenaars. Dit bied nie net die perfekte geleentheid om meer oor die musiek wat uitgevoer word te leer nie, maar ook om in gesprek te tree met verskeie van Suid-Afrika se voorste klassieke musici.

Music from the Silk Road for cello and piano (Foto: Megan-Geoffrey-Prins)

