Koos Kombuis

Koos Kombuis is ’n Afrikaanse musikant, digter en skrywer.

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore. Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer. Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn. Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.

Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ’n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie! Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press). In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).

Foto: August Photography

Die lekker van lekkerleesboeke

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-07-04

In dié gesprek verduidelik Koos hoekom hy die woord lekkerkunde bo meer verhewe akademies terme verkies. Hy bespreek dan twee lekkerleesromans, een in Engels, die ander in Afrikaans. Soos altyd is daar ook allerlei wyshede van hierdie filosoof met sy koffiebeker en kitaar.

Om vooroordele eenkant toe te skuif

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-05-31

Koos Kombuis lees vandeesmaand twee romans wat hom op ’n reis geneem het. Hy het bewustelik boeke gelees wat hom erg uitgedaag het. Soms, vertel hy, moet ons ons eie vooroordele eenkant toe skuif, want dan ontdek ons gemeenskappe en mense wat ons andersins nooit sou beleef nie.

Oor Bybelvertalings, outisme en boemelaars

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-04-28

Koos Kombuis neem ons op ’n reis deur die boeke wat hy lees. Dié keer gesels hy oor ’n outistiese skoolvriend se outobiografie, vertel meer oor George Orwell, en verduidelik waarom die Lewende Vertaling van die Bybel vir hom kosbaar is.

Is KI ons nuwe Raka?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-03-28

Gaan KI ons werk oorneem? Rekenaars skryf nou al selfs digbundels, sê Koos oor ’n slukkie uit sy blikbeker.

Twitter dawn: ’n gesprek met Koos Kombuis, oftewel Joe Kitchen

Naomi Meyer, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2023-03-23

"Die nuwe tegnologie is besig om op talle vlakke ons lewens te verander en oor te neem. Twitter dawn was vir my die begin van hierdie spekulasieproses."

Wat lees Koos Kombuis in Februarie?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-02-24

Wat is die kletsbot ChatGPT se antwoord op Koos Kombuis se versoek: Bestaan daar ’n stad met die naam Simoelégri (nav Jaco Fouché se Simoelégri. Stad van onrus)?

Ons kort iets baie groter as net nog ’n Voëlvry

Koos Kombuis SêNet-briewe 2023-02-13

Koos Kombuis lewer ’n repliek op Irene Fischer se nuwe skrywe, "RISE Mzansi!": "Die gebroke land kan ons skilderdoek word."

Wat lees Koos Kombuis in die nuwe jaar?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-01-30

"Hierdie is miskien een van die grillerigste boeke wat ek nog ooit in Afrikaans gelees het."

Die Laaste Ding wat ons nou Nodig het is Nog ’n Voëlvry-Toer!

Koos Kombuis Menings 2023-01-27

"In ’n sin is Irene Fischer dalk reg. Ja, ons kort musiek. Ons kort nuwe musiek, selfs protesmusiek. Ons kort kuns. Selfs weird kuns. Ons kort al hierdie goed, want ons is net so in die kak as wat ons was in 1989, indien nie dieper in die kak nie. Maar dis ’n ander soort kak. Hierdie kak het ’n tekstuur en ’n reuk en ’n chemiese samestelling wat radikaal verskil van die kak van 1989." Koos Kombuis reageer op Irene Fischer se voorstel: ’n revamped Voëlvrytoer ’23.

My ontdekkingsreis met Robbie die Robot

Koos Kombuis Menings 2023-01-12

"Dis nou ’n week later, en die diere het kalmeer. Robbie is ’n volwaardige lid van die gesin. Hy doen sy ding en ons doen ons ding. Die katte en die honde ignoreer hom nou. Ek kan my nie meer ’n lewe sonder Robbie voorstel nie. ... Ons massiewe ou stofsuier staan vergete in sy hoek in die kombuis, obsoleet. Dit bring my oplaas by ’n filosofiese debatspunt: Tot watter mate gaan KI in die toekoms deel van ons lewens word?" Koos Kombuis vertel hoe hy deur ’n outomatiese stofsuier oortuig is dat kunsmatige intelligensie wel bestaan! 

Kersfees saam met Koos Kombuis!

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-12-22

Besoek jy jou dorpsbiblioteek gereeld? Koos Kombuis gesels ook oor vondse in sy dorpsbiblioteek.

Boeke wat vir Koos Kombuis lekker is

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-11-23

 Is Koos Kombuis 'n "Pietjansnotjie"?

"Lees dit stadig, lees dit agter die lekker aan, lees dit om weerloos te word"

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-10-28

Watter boeke lei Koos Kombuis se aandag af van die ANC, Poetin en klimaatsverandering?

Die boekbedryf floreer!

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-09-30

Wil jy meer oor Xhosa-erfenis en -kultuur leer? Is jy ’n liedjieskrywer wat by ’n praktiese handleiding kan baat? Koos Kombuis beveel ook ’n Namibiese romanse en speurverhaal aan waarin die romantiese tonele skreeusnaaks is. Luister ook meer na ’n boek oor geloof, vriendskap en lojaliteit waar jy voel asof jy die mense ken.

Dis lente in die Boland!

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-09-01

Koos Kombuis lei die lente in met ’n blitsoorsig van boeke oor kulturele verskille en komiese misverstande, kommentare op woke-kultuur, wetenskapfiksie, wat nie meer die lelike eendjie van die letterkunde is nie, en ’n ligte aksieverhaal. ’n Lekker brokkie nuus word ook gedeel!

Top