Oor vreemde diagnoses en wonderlike vriende
2024-08-27In hierdie video verduidelik Koos Kombuis hoekom hy ’n donkerbril dra. Hy resenseer ook twee biografiese werke en ’n vreemde stuk wetenskapfiksie.
Die nag van die lang snorre
2024-08-14"Of ons nou met hom saamstem of nie en of ons fans is van sy snor of nie, Mellet Moll se resensie in Rapport verdien ons respek."
Selfhelpboeke, geloof en digbundels
2024-07-25Koos Kombuis lees ’n selfhelpboek wat vir hom baie beteken het, al glo hy nie eintlik meer in die genre nie. Daarna bespreek hy boeke oor geloof, en hy sluit sy gesprek met ’n kort oorsig oor splinternuwe digbundels af.
Koos Kombuis vertel hoekom hy altyd eers aan die bladsye van ’n boek ruik voor hy dit lees
2024-07-16"Is ons regtig een van die laaste generasies wat die romantiek van papiergedrukte inligting sal kan verstaan en waardeer? En as papiergedrukte inligting heeltemal uitsterf, sal toekomstige geslagte ooit besef wat hulle verloor het?"
Die nodige introspeksie van ’n resensent
2024-06-24Wat maak die resensent as hy of sy glad nie aanklank vind by ’n boek nie?
Oor lekker stories, chicklit en skrywer-musikante
2024-05-29Koos Kombuis gee hoog op oor Karin Brynard se speurroman Tuisland. Hy vertel ook waarom hy van chicklit hou en neem Marian Keyes se My favourite mistake onder die loep. Daarna gesels hy ook oor bundels van die skrywer-musikante Corrazerwas (Tussenspel) en Andries de Beer (Aalmoes vir die bootman).
Ineenstortende nuwe geboue; ’n paar vreesaanjaende gedagtes
2024-05-09"Produktiwiteit en spoed is belangrik, maar produktiwiteit en spoed beteken niks sonder refleksie, nadenke en intuïsie nie. Dit is hoekom daar soveel kollektiewe angs in die wêreld is. Dit is hoekom ons so vervreemd is van onsself."
Bliksems, lugkastele en hoop
2024-05-02Koos Kombuis is op reis, maar hy maak tyd om te lees. Hierdie maand berig hy oor ’n reisboek, ’n digbundel en ’n politieke teks wat hom hoop gee vir ons land.
Hoe belangrik is ervaring vir ’n skrywer?
2024-03-28Hoe verskil ’n skrywer se debuut van sy latere werke?
Die storm voor die stilte
2024-02-28"Die ergste weer sou ons eers in die nanag tref. Maar reeds vroeër die aand, toe ek die eerste note van my konsert sing, het ek agtergekom dat ek sukkel om my balans te hou op die kroegstoel wat op die verhoog gestaan het. Ek was selfs meer bekommerd dat die bottel rooiwyn op die kroegstoel langs my sou omval en breek."
Dis eenvoudig woorde
2024-02-26Koos Kombuis lees drie uiteenlopende boeke dié maand. Hy is liries oor Murakami se Kafka on the shore en hy gee hoog op oor Op pad na Grysberg, ’n boek wat, onder leiding van Stefaans Coetzee, deur 22 skrywers saam geskryf is. Laastens vertel hy meer oor Fokofpolisiekar se bloemlesing van hul lirieke, bekend as Woorde 2003–2023.
Wetenskapfiksie uit Afrika
2024-01-29Koos Kombuis gesels weer oor boeke wat hy die afgelope ruk gelees het. Hy raak liries oor wetenskapfiksie uit Afrika, onder andere dié van Willem Anker. Dan vertel hy ons meer oor Matt Haig. Laastens lees hy enkele sinne uit Etienne van Heerden se roman Gebeente voor.
Om vrede te maak met my oupa: Koos Kombuis gesels oor voorvadergeeste, Afrikaanse resensies en RSG
2024-01-16"Bless your soul, Oupa. Ek wens jy was hier vandag. Jy sou moedeloos gewees het. Maar jy sou nie jou bek gehou het nie."
Koos Kombuis kyk terug
2023-12-19Koos Kombuis herlees ou boeke in Desember. In hierdie video gesels hy oor Sugar Man deur Craig Bartholomew Strydom en Stephen “Sugar” Segerman, en die bloemlesing Sterkykers, saamgestel deur Jaco Jacobs, en raak hy filosofies oor Douglas Adams se The salmon of doubt.
’n Plekkie in die son?
2023-12-05In hierdie aflewering van “Wat kook in die kombuis?” bespiegel Koos Kombuis oor sy rol as resensent na aanleiding van die polemiek oor die skryf van resensies, en hy vertel oor ’n besoek aan die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal.

