Koos Kombuis lewer ’n repliek op Irene Fischer se nuwe skrywe, RISE Mzansi!:
Dankie, Irene, oor jou Mzansi-skrywe. Ek hou van hoe jou kop werk. Die tyd het gekom vir jong mense om groter en wyer te dink as ons klein Gideonbendetjie van skobbejakke destyds. Ek is bly jy verwys na mense soos die Ndlovu-jeugkoor. Die tyd het inderdaad aangebreek vir alle kreatiewe stemme om gehoor te word in ’n massiewe nuwe beweging! Ons moet graffiti teken, skryf en laat opklink teen hierdie kaal, gesloopte muur wat die ANC vir ons gelos het. Die gebroke land kan ons skilderdoek word. Die nuwe beweging moet baie meer wees as ’n Afrikaanse paleisrevolusie en verder tref as slegs ’n enkele musiektoer. Ons kan nou begin om groter te dink, wyer te mik, sodat ons die nasiebou-proses kan afskop waartoe die politici nie in staat is nie. Dankie vir jou aansteeklike entoesiasme!
Lees ook:
Die Laaste Ding wat ons nou Nodig het is Nog ’n Voëlvry-Toer!
LitNet Akademies Weerdink: Van Voëlvry na Voëlvryf na Spoegwolf

