
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Notas oor die tragedie van Israel en die Palestyne
2023-11-01"Wanneer ’n kollektief voldoende ontwrig is, soos wat die geval tans met beslis die inwoners van Gaza, die Palestyne in die algemeen en die Israeliese burgery is, versprei demoniserende sieninge van die ander party soos ’n onstuitbare koors deur gemoedere."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé oor In die rede geval
2023-10-16In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Johann Rossouw en Henning Pieterse met Charl-Pierre Naudé oor Charl-Pierre se boek In die rede geval.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: En die Woord het onder ons kom woon – Afrikaanse aanbidding en die toekoms van die Afrikaanse wêreld
2023-10-05"Dit is nie net dat God in sy vleeswording God vanaf die transendente na die immanente, vanaf dit wat anderkant die syn is na die syn toe vertaal nie, maar ook dat die vleesgeworde Woord deur die gebruik van menslike tale van meet af self as vertaler werk."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Hoe COVID-19 ons herinner het aan wat ons nooit moes vergeet het nie
2023-09-28"Wat is dan nou hierdie engelagtige musiek wat uit die radio kom? Hoe is dit dan dat die pianis se vingers op die klawers so hoorbaar is dat sy dit kan sien? Lang, wit vingers wat ritmies die klawers druk, ritmies soos wat sy self van kapsule na kapsule saam met dokter Engelen beweeg, die suurstofmaskers verstel, seker maak die druppe is nog vol, die bloeddruk stabiel?"

"Maar wat ek nou vir jou sê kan ek nie in die openbaar sê nie": Notas oor die groeiende metafisiese oorlog van ons tyd
2023-09-21"Vir hierdie asketiese mistici word die hardste oordeel vir die self gespaar, word eerder geswyg as gepraat, en word ’n nuwe gemeenskap moontlik – radikaal inklusief vir álmal wat bereid is om die self af te lê en hulle aan hierdie biddende dissipline te onderwerp, en terselfdertyd radikaal ontoeganklik vir diegene wat eerder met die self besig wil wees."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Chantal Delsol oor die apokalips
2023-09-13"Ek glo dat jy die woke samelewing soos dit is met al sy verskriklike verdorwenhede moet liefhê, dat jy die Kerk soos dit is met haar dominerende priesters wat maak of hulle onfeilbaar is, moet liefhê. Kortom, ek glo nie in die deugde van verontwaardiging, van woede, van gewalgdheid van enige aard nie. Ek gebruik ’n goeie deel van my tyd om my naasbestaandes te probeer oortuig dat ons moet ophou om die hedendaagse wêreld te verafsku, omdat ’n mens nooit die samelewing kan verbeter as jy nie begin by om dit lief te hê nie."

Achille Mbembe: "Om die demokrasie aan die hand van die lewende te heruitvind" (uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw)
2023-08-16"Mense was nog altyd ’n bietjie meer as bloot mens. Dieselfde geld objekte wat nog altyd ’n bietjie meer as bloot werktuie was. Dit is wat die animistiese Afrika-denke ons van altyd af leer."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd
2023-08-07"Die eietydse aankondiging van toekomstige klimaatskatastrofes openbaar die einde van die vooruitgangsgeloof, oftewel die idee dat die onbepaalde vooruitgang na die beste sy afsnypunt en sy versadigingspunt bereik het. Ons beweeg nie meer na ’n onbepaalde verbetering toe nie. Ons beweeg deur die afwisseling van orde en chaos, en dít in ’n sirkulêre beweging."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Louise Cilliers oor vertalings uit Grieks
2023-06-08In die eerste aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks, praat Johann Rossouw met Louise Cilliers oor Van Alexandrië na Ithaka, gedigte uit Grieks vertaal. Die video is professioneel deur Chris Vorster en sy assistent van die drama-departement by die Universiteit van die Vrystaat opgeneem en geredigeer.

Podcast: Johann Rossouw in conversation with Eve Fairbanks about The inheritors: An intimate portrait of a brave and bewildered nation
2023-03-17Eve Fairbanks’s book about post-apartheid South Africa, The inheritors: An intimate portrait of a brave and bewildered nation (Jonathan Ball), was launched on Thursday, 9 March in Bloemfontein. Johann Rossouw interviewed her about her book. Themes such as Girardian mimesis in South Africa, the shared loss of a future, the shared Christian idealism of South Africans and the position of minorities were discussed during this launch.

Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns
2023-01-18"Die kwessie van nabootsing is dus wesenlik, en daar kan bygevoeg word dat die eerste skool van KI ook in ’n doodloopstraat beland omdat dit menslike intelligensie masjienmatig probeer reproduseer, terwyl die tweede skool van KI van krag tot krag gaan omdat dit eerder ’n aspek van menslike intelligensie probeer naboots [in die geval van ChatGPT, byvoorbeeld]."

Universiteitseminaar: Yale onttrek van ’n ranglys
2022-11-25"Is dit enige wonder dat kognitiewe dissonansie toenemend in openbare Suid-Afrikaanse universiteite aan die orde van die dag is?"

Universiteitseminaar: Guerrillas en die universiteit wat moet kom
2022-11-10"Maar nou ja, 'Stellies' het sy bed opgemaak, die koeël daar is deur die kerk – sowel vir ware uitnemendheid as vir Afrikaans – en dit sal nie help om krokodiltrane te stort oor wat alles daar kon wees nie. Dis veel sinvoller om te dink oor wat vandag nog oor die algemeen binne die eietydse Suid-Afrikaanse universiteitswese gedoen kan word om ware uitnemendheid, akademiese integriteit, skeppendheid, nuwe bondgenootskappe en die bou van studente se karakters te bevorder."

The industrialisation of mimesis: In dialogue with the thought of René Girard and Bernard Stiegler on automatisation
2022-03-03In this article automatisation as an important aspect of artificial intelligence is analysed with reference to the thought of Bernard Stiegler and René Girard, with specific attention to Stiegler’s book La société automatique 1. L’Avenir du travail.

Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering
2022-03-03In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1.