"Lucas" deur Jaco Prinsloo
2012-12-20 'n Miljoen is te min, ek kan niks daarmee doenEk kort soveel meer woorde om jou lof te besing
Net 'n laaste soen en jou oë gaan toe
die wolke maak oop en jy stap hier in
"Kisklere" deur Jaco Prinsloo
2012-12-18 Dis 'n gejaag na windSoos 'n trop skape stap ons in gelid aan
om dalk iewers 'n los gelukkie te vind
So bang die pap val op die grond
"Veertjie" deur Jaco Prinsloo
2012-12-18 Jy was 'n papiersak in die wind'n Druppel vasgevang in die vloed
Net 'n veer in 'n volbloed orkaan
"Die Wiele Song" deur Jaco Prinsloo
2012-12-18 Ek onthou somersdae, soelDan sou ek jou op die dikwiel lift
met jou lyf wat ritmies aan myne raak
"Boetie de Beer" deur Jaco Prinsloo
2012-12-14 Sal jy my more die pad kan wys?Sing tog nog 'n liedjie net vir my
Is ons nog vêr weg van die huis?
Vertel my weer hoe hulle ons in die donker gaan kry
"Soet September" deur Jaco Prinsloo
2012-12-13 As son sy snoet oor die rant begin skuiflig aan die donker kom hap, vorm druppels teen my ruit
Trane wat in patrone stadig na benede sak
"'n Pel met 'n pêrel" deur Jaco Prinsloo
2012-12-13 Met my hoop styf toegeknoopvat ek vroegdag die pad na jou
Klippe wat my skoene van polish stroop
"Wie gaan nou" deur Jaco Prinsloo
2012-11-27 As ek kleintyd vir jou wag, tot diep in die donker nagsou jy sprokies vir my vertel, Jona se vis, die hemel en die hel
As ek smiddae soek na jou om daai boomhuis klaar te bou
As jy weer my das moet vou, dit sal ek van jou onthou
"Weggooikind" deur Jaco Prinsloo
2012-11-27 Kry jy koud vanaand?Is jou beker vol of gaan slaap jy dors?
Blink jou maan beter as gisteraand?
"Sersant" deur Jaco Prinsloo
2012-11-27 Jy's die lig op die katoë van my deurpadJqy's die blaaie van die Bybel in my binnesak
'n Makker vir elke veldslag, my vriend in die skare
"Alles" deur Jaco Prinsloo
2012-11-26 Hier staan ons weer stom voor mekaarmet niks om te sê, die sirkel voltooi
Die doolhof platgetrap
Ons is weer waar ons was
"Wraak van die bleeksiel" deur Jaco Prinsloo
2012-11-26 Onthou jy September vakansie op Shaka's RockJy was lief vir my net as die Brutal Fruits skop
Wanneer die Valies land wou jy my nie langer ken
jy val vir die lywe die brille met labels
en die leë blikke vir 'n stem
