Kisklere
Dis 'n gejaag na wind
Soos 'n trop skape stap ons in gelid aan
om dalk iewers 'n los gelukkie te vind
So bang die pap val op die grond
Dat buurman die jackpot voor my sal slaan
Nie een dag af siek, ook geen heeltemal gesond
en daar buite dwarrel ons drome eensaam rond
REFREIN:
As ek vandag by die werk sou peg
begrawe my in blou jannas
met geen das om my nek
En as ek vandag by die werk sou sterf
strooi my as oor 'n sorgvrye vallei
met 'n plaat bloedrooi kannas op sy werf
Trek my kisklere uit rol my broekspype op
gee my strandpakkie aan, neem gou afskeid
Ek moet nog saam met die kinders balle gaan skop
Haal my Rolex af, deel my werkspakke vir die wesies uit
Waar ek gaan is tyd nie my baas
vat my weg van al die geraas
Gee my goue cufflinks vir ons jare-oue vrou van vlyt
REFREIN
Die stres is hoog, die bloeddruk buite beheer
So baie om nog te doen, soveel storms om te keer
Gee my groen plakkies aan
daar wag soveel meerminne wat ek moet gaan soen
Trek my kisklere uit, rol my broekspype op
Gooi my kerkskoene weg, maar los my voete kaal
Net in geval die duiwel my wil kom haal
Vergeet maar van die sunscreen, laat my velle weer afdop
Trek my kisklere uit, rol my broekspype op
REFREIN
Vandag gaan ek vir jou 'n vis probeer vang
En more gaan ek hom op jou wasgoeddraad kom hang
Al is my oë nou gesluit is ek lankal nie meer bang
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


