"Wraak van die bleeksiel" deur Jaco Prinsloo

  • 0

Wraak van die bleeksiel

Onthou jy September vakansie op Shaka's Rock
Jy was lief vir my net as die Brutal Fruits skop
Wanneer die Valies land wou jy my nie langer ken
jy val vir die lywe die brille met labels
en die leë blikke vir 'n stem

So as dit kapok op Shaka's Rock
en die leeu lê nou saam met die bok
en as dit sneeu op Hot as Hell
Kan jy dalk daaraan dink
om my eendag te bel

So as dit kapok op Shaka's rock
en die son kom op agterstevoor
en as dit sneeu op Hot as Hell
Sal ek jou daardie dag vertel
ek wil niks van jou hoor

Op die strand saans alleen smokkel jy steeds met my kop
jou laaste woorde laat my ingewande weer omdop
Jy sal kry wat jy verdien, noem dit die wraak van 'n bleeksiel
Beula jy gaan my nooit weer sien

Jaar na jaar kyk ek uit vir jou op Shaka's Rock
jou prentjie is hier nog helder uitgeblok
Ek wonder nog alleen hoe anders dit kon wees
en dan hoop ek dat jy tog sal bel
By my intrek daar op Hot as Hell
Ek moet net eers vir my ma van jou vertel

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top