Soet September
As son sy snoet oor die rant begin skuif
lig aan die donker kom hap, vorm druppels teen my ruit
Trane wat in patrone stadig na benede sak
dan lê ek nog warm hier teen jou lyf
As winter sy tas inderhaas moet pak
kom son my groet met 'n nuwe seisoen
Weg met al die grys en swart
beloftes van geure, soet ruik jou hare na waatlemoen
Kom strooi jou speserye diep in my tuin se hart
Soet, soet September
my koljander, my gemmer
Soet, soet September
my katjiepiering, my emmer
Parys, Monaco en my nice anys, chocolate, my liquorice
Soet, soet September
my koljander, my gemmer
My kaneelstok, my bossiekop
Soet, soet September
my katjiepiering, my emmer
My slukkie Kanonkop, my boontjiesop
Soet, soet September
kom ons trou in Desember
Maar tot dan, bly net my soet, soet September
Kwas wyd uitgestrek verf jy in donker groen wat die vaal kom roof
nog 'n soen in die nek wat jou hoendervel los
As die bloeisels kom bot sien ek wat jy doen
van die nuwe loof tot die skaduboks van die hotnotsgot
Al is jou strale nog snoep, sal die mis verdwyn
Dis nog te vroeg vir 'n ander dag
as jy my kom verras met 'n vroeë lente-roep
Kom les jou dors hier in my fontein
kom blaai my kalender ‘seblief nog 'n slag
Bring vir soet, soet September
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


