"Lucas" deur Jaco Prinsloo

  • 0

Lucas

'n Miljoen is te min, ek kan niks daarmee doen
Ek kort soveel meer woorde om jou lof te besing
Net 'n laaste soen en jou oë gaan toe
die wolke maak oop en jy stap hier in

Nog 'n swerwer het ophou soek
so gaan groet maar vir Koos Dup
Laat Worsie jou sy Boesmanland wys
En gaan ry die winde met Bles up in space
Kom maak dan vir oulaas hier 'n draai
by jou kliptoring op Victoriabaai

Maak die hemel 'n bietjie Afrikaans
Lucas leer die engele soos ons dans
Sing saam met sy ou vriende saans
dan word die hele hemel
net so 'n bietjie-bietjie Afrikaans
As die viole en die harpe bedaar
dan maak die konsertinas hul liedjies nou klaar
Gabriël stuur weer die biltong aan
met die Vader se seën bring Lucas 'n koor op die been
Sodat sy liedjies net so nou en dan
nou en dan op ons kom reën

Groete aan Gé, want hy gaan soos jy die liefling bly
Laat Kerkorrel weer 'n slag lag, want Hillbrow is ok
Laat vir Coenie weet, in 'n Karoonag kan nog 'n rukkie bly
maar nie te lank nie, want daar wag 'n hemelse koor om te lei

Al die soekers moet nou gaan rus
As jy jou droomvrou moet agterlaat
bring Cora 'n blom om jou trane te sus
Sê vir my, het Tolla nog sy reccejas aan?

Wanneer jou hemelse werk jou vind
leer hul tog die woorde van Vier Seisoene Kind
Wieg dan saam met die engel-akkoorde
op die maat van Kinders van die Wind

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top