Veertjie
Jy was 'n papiersak in die wind
'n Druppel vasgevang in die vloed
Net 'n veer in 'n volbloed orkaan
Dié keer sou ons nie weer see toe kon gaan
Geveto deur 'n onverkose raad
Bekleed met wreedheid nes die van 'n kind
Ek klink alleen 'n glasie op jou andersheid
Hulle spoeg jou soos 'n perskepit na buite uit
REFREIN:
Sakkie, sakkie in die wind
Veertjie, veertjie in die lug
Kom waai haar hier vir oulaas terug
'n Stempel ongeslaan, 'n glimlag al hoe meer snoep
'n Stem tot stilte gesmoor
Stroomop sommerso dors versuip
'n Droomkop wat niemand wou verstaan
Wat hul nie ken nie, van Satan self getoor
Miskien hoor hul jou nou uit die wolke roep
Druppeltjie, druppeltjie in die vloed
'n Oordeel te vel vir 'n laaste groet
Sakkie, sakkie in die wind
'n Las te swaar vir 'n moeë gemoed
Veertjie, veertjie in die lug
Rug gedraai op die menseklug
Sakkie, sakkie in die wind
waar sal jy jou lêplek vind?
Veertjie, veertjie in die lug
Druppeltjie, druppeltjie in die vloed
Ek gun jou droë grond so bittersoet
Ek klink alleen 'n glasie op jou andersheid
Hulle spoeg jou soos 'n perskepit na buite uit
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


