"Die Wiele Song" deur Jaco Prinsloo

  • 0

Die Wiele Song

Ek onthou somersdae, soel
Dan sou ek jou op die dikwiel lift
met jou lyf wat ritmies aan myne raak
Na bergpoele koel was die dae te kort
die wêreld vir ons net 'n bysaak
Die winter daardie jaar
sou my onverwags bekruip
Jy los my vir 'n ou met 'n regte bike
en 'n lang blonde kuif

Oh, woh, woh
Die vere maak wel die voël
ek kom haal wat myne is
My wiele is nou reg vir jou
ons sal ry tot waar die son in die see gaan rus
Ek en jy in my blou Volvo

Oh, woh, woh
Ek kom na jou
ek en jy, ek en jy, ek en jy
Met die wind wat sy vingers deur ons hare laat gly
blaai die groen koring rye so een-een verby
Oh, woh, woh
Ek kom na jou
met net een tas en 'n los banjo
Op die strand saam op die kombers
wie sal nou kan kers vashou?
Oh, woh, woh
Ek en jy in my blou Volvo
Ek en jy, ek en jy, ek en jy
Ek en jy in my blou Volvo

Toe ek die ou plaasbakkie erf
wys ek jou waar die maan op sal kom
My hand was op jou been, die sterre om ons stom
By die inry op die bakkie se dak
proe jou lippe na lemonade
My hart wou stop, ek kon vir jou sterf
so met jou arms styf om my nek
Maandag moes ek die vryduike uitklop
Jy los my net voor die skoolafskeid
vir Gert en sy pienk Cadillac

Op die Valiant se agter seats
het die vuur weer vlam gevat
Jy sou bel, ek sou my gedigte vir jou lees
Jy't my vertel, jou donkerste geheim
Ons sou saam ons goedjies pak
maar toe sien jy hom
in daai nuwe model

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top