"Alles" deur Jaco Prinsloo

  • 0

Alles

Hier staan ons weer stom voor mekaar
met niks om te sê, die sirkel voltooi
Die doolhof platgetrap
Ons is weer waar ons was
Ek vra jou mooi
Laat ek van hier af alleen stap
Ek kan nie gee wat jy wil hê

REFREIN:
So los maar die suikerlae
noem dit wat jy moet
Roep dit op die naam
en hys dan sy laaste vlae
Want dit was wat dit was
en dit is wat dit is
Wil jy dan nie verstaan
dit was nóg vis nóg vlees?
Dit was reeds
alles wat dit ooit kon wees
Alles, alles
alles wat dit ooit kon wees

Jy was meer as 'n fling, ek het vir jou gevoel
Ons het albei ons lywe gegee
Dit was eg, dit was cool
Maar jy bly meer soek
meer as 'n one-night stand
Die antwoord bly nee
Die musiek, die volgende gig roep
Jy’t geweet ek is net 'n one-man band

Al sou ons oor begin
eindig ons sweerlik weer hier op
Hoekom wil jy dit ryp kom druk?
Kan jy eerlik hieroor besin?
Kry my net uit jou kop
Beide sal ons medisyne moet sluk
en nou moet gaan
Al hoor ek jou nog in die aande snik

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top