François Verster

François P Verster is in 1962 in Bellville gebore. Hy matrikuleer in 1979 aan die Hoërskool President in Vrijzee en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy werk onder meer as onderwyser en argivaris, en verwerf in 2003 ’n DPhil in Kultuurgeskiedenis oor pikturale humor, met TO Honiball as gevallestudie. Aan die einde van 2010 verwerf hy ’n MPhil in Joernalistiek aan die US met sy tesis "A critique of the Rape of Justicia, with emphasis on seven cartoons by Zapiro (2008 – 2010)". Dié tesis is beskikbaar op die internet. 

Hy skryf vakkundige artikels (geskiedenis, kultuurgeskiedenis, literatuur, kuns, joernalistiek), resensies en essays in koerante en tydskrifte, asook gereelde rubrieke in die streekskoerant Bolander en vaktydskrif Kaapse Bibliotekaris. Hy skryf ook kortverhale, jeugverhale, gedigte vir jeug, ens. Kortverhale verskyn in Grensoorlogstories (2012) en Skarlakenkoors (2013), asook die roman Een teen Adamastor (wenner van Afrikaanse afdeling van Maskew M Longman kompetisie, 2013).

In 2014 en 2015 het twee wetenskapfiksie-romans verskyn, nl Deur na Nebula Nege en Inversium, albei by Thompson Uitgewers. In 2016 verskyn twee nie-fiksiewerke, nl Omega, oor en uit (Tafelberg) en Die Groot Drie (Penguin). Verster het ook bydaes gemaak vir die bundel Die Burger 100 (Jonathan Ball).

Vir inligting oor gepubliseerde werk, asook skilder- en karikatuurwerk: besoek www.Stellenboschwriters.com.

Foto: Naomi Bruwer

Soetdoring in die ruigtes deur Christiaan Bakkes: ’n resensie

François Verster Resensies 2026-04-17

"Die olifante word basies as diere beskryf, met minder agendas en intriges as die mense, maar ook hulle het hulle individuele karaktereienskappe, en Bakkes beeld hulle hegte familiebande pragtig uit."

Die laaste lewe van Timtom Taljaard deur François Verster: ’n skrywersonderhoud

Naomi Meyer, François Verster Skrywersonderhoude 2026-01-21

"Ja, ek het vir Timtom ’n stem gegee, dis waar. Ek wens natuurlik ons kon beter kommunikeer, en ek moes toe maar my verbeel wat ’n kat dink en wonder hoe presies dink hulle sonder (skryf-) taal – daarom juis het ek vir Timtom toe die vaardigheid 'gegee' om te kan lees en later selfs te probeer skryf."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: "Reaching readers", oor outeurs en skrywers – en die pad vorentoe

François Verster Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-20

"’n Woord wat meer as een keer genoem is, was authenticity. Hoe uniek en oorspronklik is jy en jou werk? Én jou bemarking? Die publiek kom gou agter as jy nie opreg is in jou aanbieding nie en dit beteken jy moet weet wie jy is (jou persona) en wat jy doen (jou produk)."

Francois Verster praat met Naomi Meyer oor sy jongste boek, Ill at ease.

Naomi Meyer, François Verster Skrywersonderhoude 2025-07-09

"Ek koester wel die sukses wat ons met die onderrig van plaaslike skoliere in die Caprivi behaal het – daarop is ek trots, en dankbaar dat ek die voorreg gehad het."

Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie

François Verster Resensies 2025-06-25

"Soms skryf outeurs individuele boeke in ’n reeks op so ’n wyse dat elkeen as ’n eenheid op sy eie gelees en geniet kan word. Spud, die eerste boek in die reeks en wat in 2005 verskyn het, kan wel apart en op sy eie gelees word, sonder vooruitskouing of verwagting, maar die ander, en beslis nommer vyf, Spud: The reunion (2024), maak swaar staat op kennis van die vorige boeke, nie slegs omdat daar so baie terugverwysings is nie, maar omdat lesers van die reeks sal wil weet wat met die Crazy Eight gebeur het sedert hulle gematrikuleer het, asook wat by die reünie gebeur, en waarskynlik ook of daar verdere boeke in die reeks gaan wees."

Amperdaar

François Verster Fiksiekompetisies 2025-03-06

"Wat sou Adri sê? Ek weet, ek weet. '’n Vreemdeling is ’n vriend wat jy (nog) nie ken nie.' Ék sou sê: 'Die kat kom weer. Kyk maar.'"

Bloedbroers: na die slagveld van Smokeshell en terug deur Deon Lamprecht: ’n resensie

François Verster Resensies 2024-12-10

"Dis nie net nóg ’n kroniekskrywing van die Bosoorlog [nie] ... Dit staan juis vir my uit omdat dit die kwessie van genesing, en nie net oorlewing in ’n gevegsituasie nie, aanpak. Die talle veterane van die Grens-/Bosoorlog kan werklik baat daarby vind om dit te lees."

Troep, saamgestel deur Bun Booyens: ’n resensie

François Verster Resensies 2024-12-06

"Ek, die resensent, en duisende ander voormalige dienspligtiges soos ek, weet vandag alte goed hoe gelukkig ons was om ongeskonde deur alles te kon kom. Juis daarom is dit nodig om hieroor te skryf. Noodsaaklik, ter wille van begrip vir hulle wat nie andersins ’n stem sou hê nie."

Die seemeeu kom sit: E Kotze voltrek die skrywersirkel met Hulle noem haar Carminda

François Verster Resensies 2023-03-22

"Soos dit ’n skrywer betaam, al het sy nooit dié titel nagejaag nie, het sy dus geslaag waarin betreklik min ander storievertellers én woordkunstenaars al kon slaag: Sy het eenvoudig geskryf, en van dié eenvoud dan lewendige, gelaagde en geslaagde metafore van Die Lewe geskep."

Ongekende ellende deur Chris Schoeman: ’n studie oor lyding en die impak daarvan

François Verster Resensies 2022-11-22

"Ongekende ellende laat jou nie koud nie. Dit laat jou dink. En soos met jou gevolgtrekkings, wil jy die boek hou. Om te onthou."

Daar is ’n gat in ons koerant en in ons lewens: Fred Mouton is weg

François Verster In memoriam 2022-05-06

"Toe ek die man met die wonderlike talent vir pikturale humor uiteindelik ontmoet, was ek so oorstelp dat ek hom 'Meneer' en 'u' noem, al sê hy 'Nee man, ek is Fred.'"

Wilbur Smith: Iewers in ’n Afrika-woud het ’n seder geval, maar nie in stilte nie

François Verster In memoriam 2021-11-16

"Solank as wat ek kan onthou, was hy daar, groter as lewensgroot, een van die blinkste sterre aan die skrywershemel hier uit Afrika."

Die waarde van boeke – wat behels dit?

François Verster Menings 2021-08-25

"Taal is ’n kommunikasiekode, maar daardie kode weerspieël ons kultuurkode, amper soos ons genetiese kode ons van ander diere onderskei."

The Lie of 1652 gemeet aan ewewigtigheid, regverdigheid en objektiwiteit

François Verster Boeke en skrywers 2021-01-25

"Vir my is dit absoluut noodsaaklik dat stellings wat as feite aangebied word, onderskryf word."

Afrikaanse strokiesprente en 'n huldiging aan Wim Bosman

François Verster Menings 2020-02-07

"Dit staan egter soos ’n paal bo water dat ná Honiball, dit Wim Bosman was wat die Afrikaanse strokiesvaandel hoog gehou het."

Top