François Verster

François P Verster is in 1962 in Bellville gebore. Hy matrikuleer in 1979 aan die Hoërskool President in Vrijzee en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy werk onder meer as onderwyser en argivaris, en verwerf in 2003 ’n DPhil in Kultuurgeskiedenis oor pikturale humor, met TO Honiball as gevallestudie. Aan die einde van 2010 verwerf hy ’n MPhil in Joernalistiek aan die US met sy tesis "A critique of the Rape of Justicia, with emphasis on seven cartoons by Zapiro (2008 – 2010)". Dié tesis is beskikbaar op die internet. 

Hy skryf vakkundige artikels (geskiedenis, kultuurgeskiedenis, literatuur, kuns, joernalistiek), resensies en essays in koerante en tydskrifte, asook gereelde rubrieke in die streekskoerant Bolander en vaktydskrif Kaapse Bibliotekaris. Hy skryf ook kortverhale, jeugverhale, gedigte vir jeug, ens. Kortverhale verskyn in Grensoorlogstories (2012) en Skarlakenkoors (2013), asook die roman Een teen Adamastor (wenner van Afrikaanse afdeling van Maskew M Longman kompetisie, 2013).

In 2014 en 2015 het twee wetenskapfiksie-romans verskyn, nl Deur na Nebula Nege en Inversium, albei by Thompson Uitgewers. In 2016 verskyn twee nie-fiksiewerke, nl Omega, oor en uit (Tafelberg) en Die Groot Drie (Penguin). Verster het ook bydaes gemaak vir die bundel Die Burger 100 (Jonathan Ball).

Vir inligting oor gepubliseerde werk, asook skilder- en karikatuurwerk: besoek www.Stellenboschwriters.com.

Foto: Naomi Bruwer

Kundige profielskepping van enigmatiese Graaff ontbloot skatkis – ná heelwat spitwerk

François Verster 2012-02-08 Die voormalige redakteur van Die Burger (1990-2000), Ebbe Dommisse, se naam verskyn vanjaar op sy vierde boek: Sir David Pieter de Villiers Graaff, die erfridder van De Grendel.

Joernaliste is beide brûe en tolke

François Verster Academic research 2011-12-13

Die Departement Joernalistiek op Stellenbosch het van 21-25 November 2011 ’n slypskool aangebied waar bekende wetenskaplikes soos Jurie van den Heever en joernaliste soos Elsabé Brits as sprekers opgetree het.

Dana-kragtoer tref Boland

François Verster 2011-11-29 Die naweek van 26 en 27 November was besonders vir die Boland: Dana Snyman het die Saterdagoggend by Protea se boekwinkel op Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Hiervandaan. En Sondagaand was dit weer hy, en die musiekgroep ...

Die toekoms van gedrukte media in Suid-Afrika, à la Bun Booyens

François Verster 2011-11-16 Op 10 November 2011, in ’n volgepakte HB Thom-teater op Stellenbosch, het die redakteur van Die Burger as genooide spreker by die Konvokasie van Stellenbosch Universiteit opgetree. By hierdie geleentheid is die toekoms van Afrikaans as voertaal ...

Roepman in die Kloof, met Jan

François Verster 2011-09-20  

Kampvuurstories: Stories vir die kampvuur én kaggel, met of sonder vuurwater

François Verster 2011-07-05 Wanneer mens die naam Pieter Grobbelaar op ’n publikasie sien, weet jy dat jy tien teen een hier met ’n juweeltjie of twee uit die Afrikaanse kultuurgeskiedenis te doen het. In die geval van Kampvuurstories is dit inderdaad ook die geval: daar is ’n ...

Kampvuurstories: Stories vir die kampvuur én kaggel, met of sonder vuurwater

François Verster 2011-07-05 Wanneer mens die naam Pieter Grobbelaar op ’n publikasie sien, weet jy dat jy tien teen een hier met ’n juweeltjie of twee uit die Afrikaanse kultuurgeskiedenis te doen het. In die geval van Kampvuurstories is dit inderdaad ook die geval: daar is ’n ...

Boerumoer: Verwagtings is bokkers, maar hoës is tog ook ’n pluimpie

François Verster 2011-03-23 Boerumoer: Oom Gysbert se dorpstories is ’n aansienlike boekie. Om mee te begin: die omslag is interessant. Dit trek die oog en is esteties aanvaarbaar. Laat jou ook wonder. Eers span jy jou visuele geletterdheid in en dan jou skoolgeletterdheid: jy ...

Herinneringe ter besieling: dapperheid oor grense van tyd en plek

François Verster, François Verster 2010-12-02 In die voorwoord van Dapper kinders van Suid-Afrika noem die samesteller (wyle DJ Kotzé) daarvan dat “al ’n paar boeke in verband met die dapper kinders van Suid-Afrika verskyn [het]”. Die leser wonder waarskynlik: “Waarom dan nog een?” en ...

120+ Sommerstories is medisyne vir die Nuwe Suid-Afrika Blues

François Verster, LitNet 2010-11-03 PG du Plessis se bundel (baie) kort kortverhale Sommerstories (Lapa, derde uitgawe, 2010) is waaragtig ’n belegging. Want mens kan, soos voorin voorgestel word, weekliks daaraan proe, eerder as om soos ’n resensent met een diep asemteug in te duik ...
Top