François Verster

François P Verster is in 1962 in Bellville gebore. Hy matrikuleer in 1979 aan die Hoërskool President in Vrijzee en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy werk onder meer as onderwyser en argivaris, en verwerf in 2003 ’n DPhil in Kultuurgeskiedenis oor pikturale humor, met TO Honiball as gevallestudie. Aan die einde van 2010 verwerf hy ’n MPhil in Joernalistiek aan die US met sy tesis "A critique of the Rape of Justicia, with emphasis on seven cartoons by Zapiro (2008 – 2010)". Dié tesis is beskikbaar op die internet. 

Hy skryf vakkundige artikels (geskiedenis, kultuurgeskiedenis, literatuur, kuns, joernalistiek), resensies en essays in koerante en tydskrifte, asook gereelde rubrieke in die streekskoerant Bolander en vaktydskrif Kaapse Bibliotekaris. Hy skryf ook kortverhale, jeugverhale, gedigte vir jeug, ens. Kortverhale verskyn in Grensoorlogstories (2012) en Skarlakenkoors (2013), asook die roman Een teen Adamastor (wenner van Afrikaanse afdeling van Maskew M Longman kompetisie, 2013).

In 2014 en 2015 het twee wetenskapfiksie-romans verskyn, nl Deur na Nebula Nege en Inversium, albei by Thompson Uitgewers. In 2016 verskyn twee nie-fiksiewerke, nl Omega, oor en uit (Tafelberg) en Die Groot Drie (Penguin). Verster het ook bydaes gemaak vir die bundel Die Burger 100 (Jonathan Ball).

Vir inligting oor gepubliseerde werk, asook skilder- en karikatuurwerk: besoek www.Stellenboschwriters.com.

Foto: Naomi Bruwer

Review: War and Society by Albert Grundlingh

François Verster 2015-03-23 Francois Verster on Albert Grundlingh's book on black remembrance: "A sliver of history brought to light."

Op soek na ’n donkiekardag

François Verster 2014-11-14 "Ek dink dis wat die Tankwa aan ’n mens doen. Die geografiese ruimte is nie al oopte daarso nie; daar is ook ruimte vir denke, vir introspeksie en vir die ontwikkeling van empatie."

Word ook die Afrikaanse letterkunde in ’n digitale toekomsblik gedruk?

François Verster 2014-11-11 Abraham de Vries het 'n boekresensie op die internet gesoek. Hy het die volgende boodskap gekry: "Hierdie webskakel bestaan nie." Hier skryf Francois Verster, Naspers se argivaris, wat van al die data word.

Biebouw-resensie: Diepsee, bolwerk teen die aanslag van vergetelheid

François Verster 2014-10-15 "Ek kan Diepsee beswaarlik té hoog aanskryf en té entoesiasties aanbeveel."

Biebouw-resensie: Donkerland deur Deon Opperman en Kerneels Breytenbach

François Verster 2014-09-09 "Op die keper beskou: Breytenbach se grootse poging is aanprysenswaardig. En dit is vir my beide ‘n verligting en ‘n plesier om dit te noem, al weet ek ek is bevooroordeeld omdat Opperman en Breytenbach al lankal my bewondering verdien het."

Boekbedonnerd 2013: Toppies innie langpad en ’n taal in ’n doodloopstraat

François Verster 2014-05-21 Francois Verster deel sy indrukke van verlede jaar Boekbedonnerdfees in Booktown Richmond.

Mellow mettie mossels: Een aand by ’n storievuur

François Verster 2013-03-19 "Gert en Schalk het hulle kant gebring om die luim verder te versag met volronde fluweelklanke wat goed gepas het by die mossels, brood en ander Weskus-cuisine - waarvan daar genoeg was om mínstens al Afrika se honde te voed."

Ook my groete aan Salomé: of sommer koebaai Meraai!

François Verster 2013-01-23 "Ek kan dus nie saamstem met die uitgewer dat dit ’n 'opwindende' verhaal is nie, hoewel ek sal toegee dat dit heel waarskynlik wel 'goed nagevors' is. Maar dis nie ’n geskiedenishandboek nie. Dis ’n roman."

Oestyd-skryfuitdaging: Stroop

François Verster 2012-12-20 "Die Toyota se neus druk hy summier tussen die wingerd in en dan dreun die trekker, hooggelaai met druiwe en net een lig flikkerend, verby. Dis oestyd."

Haikoe-kompetisie: 13 Haikoes deur Francois Verster

François Verster 2012-11-21 Francois Verster skryf 13 haikoes vir ons kompetisie.

Om Schoeman te lees, of: Oom Karel vertel

François Verster Boeke en skrywers 2012-08-09

"In Die laaste Afrikaanse boek (Human & Rousseau, 2002) pen Karel Schoeman al ’n dekade gelede, en toe al “uitgetree en afgetree” (sy woorde), ’n paar gedagtes aangaande die kreatiewe proses neer."

Misdaadfiksie as politieke kommentaar cum katarsis

François Verster 2012-05-17 By die 2012 Franschhoekse Boekefees is ’n interessante debat gevoer oor waarom misdaadfiksie deesdae so gewild is in Suid-Afrika. Francois Verster het gaan luister en vertel hier wat hy wys geraak het. 

Boekedag 2012: Francois Verster kies ’n karakter

François Verster 2012-04-18  As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Opinion Pieces: Kritiese denkers neem stelling in en ontlok vrae

François Verster 2012-04-11 Francois Verster lees Opinion Pieces by South African Thought Leaders, saamgestel deur Max du Preez.  Volgens Verster is dit geen juigkommando wat hier in aksie is nie, maar denkers wat krities na die Suid-Afrikaanse samelewing kyk. 

Die “Godboek”: nuwe gedagtegenereerder par excellence

François Verster 2012-03-15 “Die gevaar is dat soos sekere gelowiges reken hulle het die monopolie op moraliteit, net so kan mens nooit aanneem dat alle kerkgangers dwepers is nie.”
Top