Fanie Herman

Fanie Herman is ’n navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde. Hy verwerf sy PhD in die vakgebied van internasionale politiek, waarin hy ondersoek instel na China se betrokkenheid by vredesendingsoperasies in Afrika. Sy MA-verhandeling fokus op die strategiese wedywering tussen die VSA en China vir Afrika se oliehulpbronne.

Herman is die skrywer van verskeie publikasies in internasionaal geakkrediteerde vaktydskrifte. Sy navorsingsbelange sluit in: Sino-Afrika-verhoudinge, strategiese studies, internasionale sekuriteit en regimeteorie. Sy boek China in Afrika: Die era van sekuriteit (Kindle-uitgawe) is onlangs gepubliseer. Die boek werp lig op verskeie dimensies van China se betrokkenheid in Afrika se sekuriteit, onder andere die rol van militêre diplomasie, vredesendings en wapenverkope. In Herman se onlangse navorsing is Rusland se nuwe rol in Afrika ondersoek. Verder stel hy belang in die rol van private militêre maatskappye (PMM’e) en sekuriteitskontrakteurs in die Afrikakonteks.

China se forumdiplomasie in die Globale Suide: die strewe na gelykheid, voordeel en ontwikkeling

Fanie Herman Menings 2024-03-19

"Die China-Afrika-Amerika-forum is in 2023 tot stand gebring. Die doelwit van die forum is om China se diplomasie met lande in die streke te vergelyk, konferensies te organiseer, gemeenskaplike belange te deel en die beste praktyke vir samewerking te identifiseer. Rolspelers in Afrika, Suid-Amerika en die Karibiese eilande vra vir groter koördinasie om samewerking met China te bevorder."

Die veranderende landskap van China se Gordel-en padinisiatief (GPI) in Afrika

Fanie Herman Menings 2024-02-13

"Die GPI is ’n verlengstuk van China se buitelandse beleid en definieer die land se internasionale ekonomiese interaksie, veral met Afrika en ander ontwikkelende streke van die wêreld."

Rusland se pogings om demokrasie in Afrika te ondermyn

Fanie Herman Menings 2023-10-26

"Die handhawing en toepassing van demokrasie in verskeie Afrikalande is aan die afneem. Dit is verder opmerklik dat eksterne akteurs alle middele tot hulle beskikking aanwend om die lande te verswak. Rusland staan uit in dié verband en poog reeds vir die afgelope twee dekades om demokrasie in Afrika te ondermyn."

Dimensions and objectives of Russia’s new involvement in Africa

Fanie Herman Academic research 2023-10-04

"Due to economic and financial constraints, Russia is unable to compete on equal footing with America and China. The question is what forms of diplomacy or influence Russia uses to win the favour of African countries."

Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-04

"Een van die groot trekpleisters van Rusland se verhoudinge met Afrika is historiese solidariteit. Tydens die Sowjet-tydperk het vele leiers by vername opvoedkundige instellings in Rusland studeer; daar bestaan herinneringe van Rusland se ondersteuning in die stryd vir onafhanklikheid; en daar is ekonomiese hulp aangebied, byvoorbeeld die bou van fabrieke, damme en hospitale en die voorsiening van landbou-implemente, voertuie en wapens. Afrikalande sien Rusland ook as die mees uitgesproke kritikus van Westerse imperialisme."

China se gebruik van propaganda om die media in Afrika te beïnvloed

Fanie Herman Menings 2023-07-13

"Konstruktiewe joernalistiek is dus ’n praktiese manier om rigting te gee aan China se media praktyke in Afrika."

Rusland-Afrika-verhoudinge en die opkoms van ’n nuwe wêreldorde

Fanie Herman Seminare en essays 2023-06-01

"Die rol van Afrika in internasionale politiek is aan die toeneem. Een van die grootmoondhede wat Afrika se groei met verwagtinge dophou, is Rusland. ’n Belangrike rede vir Rusland se hernude belangstelling in Afrika is die soeke na voormalige Sowjettydperk-vennote en lande wat anti-imperialistiese en anti-Westerse beskouings het. Sulke vennote kan Rusland help om ’n nuwe wêreldorde te skep. Vanuit ’n historiese perspektief is dit eerstens nodig om te vas te stel hoekom Rusland in Afrika belangstel."     

Afrika se rol in China se multilaterale strategie

Fanie Herman Seminare en essays 2023-05-11

"Vennootskappe met China beskerm Afrika-lande van Westerse sanksies, terwyl China in multilaterale organisasies ondersteun word."

China se strewe na politieke invloed in Afrika

Fanie Herman Seminare en essays 2023-01-23

Fanie Herman vertel hoe die Chinese hul politieke invloed in Afrika vestig deur die opleiding van amptenare in die beginsels van die Chinese Kommunistiese Party, en die oprigting van ’n China-Afrika-medianetwerk.

Die rol van die Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrika

Fanie Herman Seminare en essays 2022-12-20

Fanie Herman plaas die kollig op die omstrede Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrikalande: "Wagner se ontplooiing van soldate gaan gepaard met die ondermyning van wettige regerings, die aanhitsing van sosiale polarisasie deur middel van disinformasieveldtogte en ongrondwetlike aansprake op mag."

Die belangrikheid van kritieke infrastruktuur in China se Afrikastrategie

Fanie Herman Seminare en essays 2022-11-08

Fanie Herman belig China se benadering tot die vestiging van infrastruktuur soos kragstasies, hawens, spoornetwerke en nywerheidsparke in Afrikalande, waar dié moondheid ’n al hoe stewiger vastrapplek kry.

The connection between the Belt and Road Initiative (BRI) and African Continental Free Trade Area (AfCFTA): A theoretical analysis from the political economy of trade and regional integration

Fanie Herman Academic research 2022-10-19

"It is true that BRI infrastructure projects increase trade, attract more Chinese investment and alleviate poverty, but there are also drawbacks in that the cost of new infrastructure for certain projects exceeds the benefits – the high debt burden and non-completion of economic corridors being examples."

Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"’n Aanbeveling is die belangrikheid van gesprek tussen China en Afrika om areas en roetes vir streeksintegrasie te identifiseer. China se finansiële hulpverlening en ervaring in die bou van infrastruktuur kan meehelp om streke te integreer en mededingende markte te skep."

China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer

Fanie Herman, Theo Neethling Skrywersonderhoude 2022-07-13

"Op grond van die persoonlike kontakte tussen Xi Jinping en Cyril Ramaphosa en hulle persoonlike gesprekke tydens die laaste FOCAC-vergadering is die mening dat Suid-Afrika al hoe nader aan China beweeg." – Theo Neethling gesels met Fanie Herman wie se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit pas verskyn het.

Die posisionering van Afrika in China se internasionale strategiese raamwerk

Fanie Herman Seminare en essays 2022-06-29

Fanie Herman, navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde, verduidelik hoe Afrika inpas in China se strategiese benadering tot internasionale sake.

Top