
China in Afrika: Wat om in 2025 te verwag
2025-01-31"China se beleid ten opsigte van Afrika behels die bou van verhoudinge en die skep van ekonomiese bande wat wedersydse ondersteuning tussen China en Afrikalande bevorder. Sedert 2000 is dit ’n formele instelling dat China se minister van buitelandse sake sy eerste oorsese besoek elke jaar aan Afrika bring. Dié hoflikheidsbesoek het weer in 2025 plaasgevind toe die huidige minister van buitelandse sake, Wang Yi, verskeie Afrikalande van 5 tot 11 Januarie besoek het. Die besoek was Wang Yi se 57ste aan Afrika sedert 2013."

Die toename in die verspreiding van disinformasie in Afrika
2024-11-05"In die laaste sewe jaar het 300 miljoen Afrikane toegang tot sosiale media verkry. Daar is tans meer as 400 miljoen aktiewe sosiale media-gebruikers en 600 miljoen internetgebruikers op die kontinent. Afrika is ’n kontinent in die wêreld wat toenemend van sosiale media gebruik maak om inligting te bekom en te versprei."

China se strategie om die medialandskap in Afrika te verander
2024-09-26"Die oproep vir Afrika is om Chinese disinformasie te verwerp en objektiewe kanale vir die verspreiding van nuus te skep."

The African Peace and Security Architecture (APSA): a strategic analysis utilising the ends-ways-means (EWM) model
2024-09-26"A major finding is that actions are useful in preventing conflict in certain situations, but in general are ineffective in creating conditions for peace and security. Diplomatic means do present mixed results in achieving the goal of peace and security."

Die Afrika-vrede-en-sekuriteit-argitektuur (AVSA): ’n strategiese ontleding deur middel van die model van doelwitte-aksies-middele (DAM)
2024-09-26"Die groot beperking is dat aksies ondoeltreffend is in die voorkoming van konflik en die skepping van blywende vrede en sekuriteit. Dit word gesien in die min sukses van bemiddeling, voorkomende diplomasie, versoening en ondersoek."

China se verenigde-front-strategie in Afrika
2024-07-08"China se gebruik van ’n verenigde front om individue en organisasies in Afrika te beïnvloed hou groot voordele vir die land in. Dié front is veral doeltreffend om ondersteuning vir die belange en doelwitte van die Chinese regering te kweek, terwyl die land se teenstanders in Afrika geïsoleer word."

China se forumdiplomasie in die Globale Suide: die strewe na gelykheid, voordeel en ontwikkeling
2024-03-19"Die China-Afrika-Amerika-forum is in 2023 tot stand gebring. Die doelwit van die forum is om China se diplomasie met lande in die streke te vergelyk, konferensies te organiseer, gemeenskaplike belange te deel en die beste praktyke vir samewerking te identifiseer. Rolspelers in Afrika, Suid-Amerika en die Karibiese eilande vra vir groter koördinasie om samewerking met China te bevorder."

Die veranderende landskap van China se Gordel-en padinisiatief (GPI) in Afrika
2024-02-13"Die GPI is ’n verlengstuk van China se buitelandse beleid en definieer die land se internasionale ekonomiese interaksie, veral met Afrika en ander ontwikkelende streke van die wêreld."

Rusland se pogings om demokrasie in Afrika te ondermyn
2023-10-26"Die handhawing en toepassing van demokrasie in verskeie Afrikalande is aan die afneem. Dit is verder opmerklik dat eksterne akteurs alle middele tot hulle beskikking aanwend om die lande te verswak. Rusland staan uit in dié verband en poog reeds vir die afgelope twee dekades om demokrasie in Afrika te ondermyn."

Dimensions and objectives of Russia’s new involvement in Africa
2023-10-04"Due to economic and financial constraints, Russia is unable to compete on equal footing with America and China. The question is what forms of diplomacy or influence Russia uses to win the favour of African countries."

Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika
2023-10-04"Een van die groot trekpleisters van Rusland se verhoudinge met Afrika is historiese solidariteit. Tydens die Sowjet-tydperk het vele leiers by vername opvoedkundige instellings in Rusland studeer; daar bestaan herinneringe van Rusland se ondersteuning in die stryd vir onafhanklikheid; en daar is ekonomiese hulp aangebied, byvoorbeeld die bou van fabrieke, damme en hospitale en die voorsiening van landbou-implemente, voertuie en wapens. Afrikalande sien Rusland ook as die mees uitgesproke kritikus van Westerse imperialisme."

China se gebruik van propaganda om die media in Afrika te beïnvloed
2023-07-13"Konstruktiewe joernalistiek is dus ’n praktiese manier om rigting te gee aan China se media praktyke in Afrika."

Rusland-Afrika-verhoudinge en die opkoms van ’n nuwe wêreldorde
2023-06-01"Die rol van Afrika in internasionale politiek is aan die toeneem. Een van die grootmoondhede wat Afrika se groei met verwagtinge dophou, is Rusland. ’n Belangrike rede vir Rusland se hernude belangstelling in Afrika is die soeke na voormalige Sowjettydperk-vennote en lande wat anti-imperialistiese en anti-Westerse beskouings het. Sulke vennote kan Rusland help om ’n nuwe wêreldorde te skep. Vanuit ’n historiese perspektief is dit eerstens nodig om te vas te stel hoekom Rusland in Afrika belangstel."

Afrika se rol in China se multilaterale strategie
2023-05-11"Vennootskappe met China beskerm Afrika-lande van Westerse sanksies, terwyl China in multilaterale organisasies ondersteun word."

China se strewe na politieke invloed in Afrika
2023-01-23Fanie Herman vertel hoe die Chinese hul politieke invloed in Afrika vestig deur die opleiding van amptenare in die beginsels van die Chinese Kommunistiese Party, en die oprigting van ’n China-Afrika-medianetwerk.