Fanie Herman

Fanie Herman is ’n navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde. Hy verwerf sy PhD in die vakgebied van internasionale politiek, waarin hy ondersoek instel na China se betrokkenheid by vredesendingsoperasies in Afrika. Sy MA-verhandeling fokus op die strategiese wedywering tussen die VSA en China vir Afrika se oliehulpbronne.

Herman is die skrywer van verskeie publikasies in internasionaal geakkrediteerde vaktydskrifte. Sy navorsingsbelange sluit in: Sino-Afrika-verhoudinge, strategiese studies, internasionale sekuriteit en regimeteorie. Sy boek China in Afrika: Die era van sekuriteit (Kindle-uitgawe) is onlangs gepubliseer. Die boek werp lig op verskeie dimensies van China se betrokkenheid in Afrika se sekuriteit, onder andere die rol van militêre diplomasie, vredesendings en wapenverkope. In Herman se onlangse navorsing is Rusland se nuwe rol in Afrika ondersoek. Verder stel hy belang in die rol van private militêre maatskappye (PMM’e) en sekuriteitskontrakteurs in die Afrikakonteks.

China se visie vir ’n nuwe wêreldorde

Fanie Herman Seminare en essays 2022-05-04

"China gaan ook doelgerig te werk om Amerikaanse invloed in die Asies-Pasifiese streek te beperk en die oorheersende moondheid in die streek te word." – Fanie Herman van die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde bespreek die Chinese se visie vir ’n nuwe wêreldorde.

China se partyweermagmodel in Afrika

Fanie Herman Seminare en essays 2022-02-16

"Mao se partyweermagmodel word sedert Angola se onafhanklikheidswording in 1975 deur die MPLA gebruik om lede van die gewapende magte in die beginsels van Mao te onderrig." – Fanie Herman verduidelik hoe die Chinese hul partyweermagmodel in Afrika toepas.

Die Forum vir China-Afrikasamewerking na 21 jaar: Die opkoms van Afrika-agentskap

Fanie Herman Seminare en essays 2021-11-08

Die agtste ministeriële konferensie van die Forum vir China-Afrika-samewerking vind einde 2021 in Dakar, Senekal plaas. Fanie Herman verskaf konteks oor dié gebeurtenis en verduidelik watter impikasies dit vir Afrika en China inhou.

China se militêre diplomasie in Afrika: Wat is aan die gebeur?

Fanie Herman Seminare en essays 2021-09-14

"Afgesien van die doelwitte om vrede en stabiliteit te bring, help militêre diplomasie met die verbetering van bilaterale verhoudinge, die beskerming van nasionale soewereiniteit, die vestiging van sekuriteit- en ontwikkelingsbelange, die bevordering van die weermag se moderniseringsveldtog en die handhawing van wêreldvrede." – Fanie Herman oor China se militêre diplomatieke bedrywighede in Afrika.

Chinese sekuriteitskontrakteurs in Afrika: Oorsig, jongste gebeure en ontwikkelinge

Fanie Herman Seminare en essays 2021-08-10

"Chinese sekuriteitskontrakteurs is ook betrokke by verdagte operasies wat dikwels met die onregmatige gebruik van wapens te doen het." – Fanie Herman oor China se sekuriteitsbedrywighede in Afrika.

American-Chinese competition: A systemic and theoretical analysis

Fanie Herman Academic research 2021-06-28

"The strategic competition creates new models based on regional trade groupings which can lead to deglobalisation and a new international economic and political order: on the one side the current American liberal international order and on the other side the establishment of a China-centred international system."

Amerikaans-Chinese wedywering: ’n Sistemiese en teoretiese ontleding

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-06-28

"Die Trump-administrasie verdien krediet vir die erkenning van die belangrikheid van tegnologiese wedywering met China en die wyse waarop dit hanteer is, byvoorbeeld die Huawei-kwessie. Die Biden-administrasie sal vinnig moet begin om oplossings vir die uitdagings wat Trump gestel het, te vind."

The Belt and Road Initiative (BRI): The early influence on Africa

Fanie Herman Academic research 2020-10-12

"The findings reveal that the BRI has the potential to develop Africa as an emerging market, but China’s opaqueness and Africa’s financial debt are burdens in the effective management and coordination of the initiative."

China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-10-12

"Die poging van China om lenings aan lande beskikbaar te stel vir die oprigting van infrastruktuur en ekonomieseontwikkelingsprojekte word wyd en syd deur waarnemers gekritiseer. Soos die projekte vorder en lande groter lenings aanvra, begin hulle sukkel om die lenings terug te betaal en val dan in die sogenaamde skuldlokval."

Top