Wenner: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018

  • 1

Die wenner van LitNet se Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie 2018 is pas bekend!

Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?      

Marié Smit wen ’n boekpakkie vir die woord “grondonteiening”.

Baie geluk, Marié!

Die wenwoord is die woord wat deur die meeste deelnemers ingestuur is en wat die LitNet-redaksie as die sterkste woord beskou het. Omdat meer as een inskrywing van hierdie woord ontvang is, is die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal.  

Marié Smit wen die volgende boekpakkie:

  • Die vertes indeur Zirk van den Berg, Kwela
  • Vandag wil ek my blou skoene dradeur Koos Kombuis, Naledi
  • Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalsedeur Herman Lategan, Penguin
  • Vuurwarmdeur Jan Braai, Human & Rousseau
  • Landbou Boerekosdeur Arina du Plessis, Human & Rousseau
  • Daar is ’n engel in my koskasdeur Willie Strauss, Human & Rousseau.

Hierdie boeke is deur NB-Uitgewers, Naledi en Penguin geskenk. Lees meer oor die boeke hier. 

  • Lees inskrywings van bekendes: 

Mercy KannemeyerToast CoetzerJeremy VearyIngrid GlorieJoan HambidgeEna JansenAlfred SchafferMarita van der VyverHeindrich WyngaardBettina WyngaardRiku LättiErnst KotzéMaya FowlerRudie van RensburgDiana FerrusMartie Retief-Meiring en die redaksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Hier is nog agtergrond van die kompetisie: 

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

  • In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se “Suid-Afrikaanse woord van die jaar”-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe “e-tol”.
  • Een van 2014 se mees emotiewe woorde was “beurtkrag”. (Sien “Woorde van 2014”, deur Willem Botha en die WAT.)
  • In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. Die # is as wenner aangewys.
  • In 2016 het politieke terme hoogty gevier, en “staatskaping” is as die wenner aangewys.
  • In 2017 was die media in die spervuur as gevolg van vals nuusberigte en is “fopnuus” as wenner aangewys.
  • 1

Kommentaar

  • Herman van Niekerk

    Kan daar nie ook 'n kompetisie wees vir nuwe woorde wat in Afrikaans geskep word nie? Dit is immers waar die taal groei, en belangriker as om toekennings aan bestaande woorde te gee.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top