Wenner: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2017

  • 2

Die wenner van LitNet se Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie 2017 is pas bekend.

Koos Holtzhausen wen R1 000 vir die woord "fopnuus".

Baie geluk, Koos!

Omdat meer as een inskrywing van hierdie woord ontvang is, is die wenner deur middel van ’n trekking bepaal.

Hier is nog agtergrond van die kompetisie: 

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

  • In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se "Suid-Afrikaanse woord van die jaar"-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
  • Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)
  • In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. Die # is aangewys as wenner.
  • In 2016 het politieke terme die hoogty gevier en "staatskaping" is aangewys as die wenner.

Wat is 2017 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top